Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
25 November 2024

Bester Meyer. Mag jy aanhou sterre hengel

 

Mag jy aanhou sterre hengel

 

skryf vir my ʼn weggaangedig

(dit hoef nie lank te wees nie)

skil my af – Breyten Breytenbach

 

 

dat om vorm te verleen aan die vormlose

nou in Afrikaans ʼn hardnekkige knou gekry het

is nie vergesog nie –

 

jy bewegingloos

onderweg na Kû

 

daar waar lesers vir engele sit en wink    hoop ons dat jy mag sterre hengel

vanaf die nokke van dakke     op die kroon van die kosmos se silwer glans

sit (vir nou) en laat jouself toe om ou vader te kul      terwyl ons luister na die nag se nuus:

woorde van skok en ongeloof

jou heengaan só onverwags

 

in die woorde van ʼn volksdigter

die onsterflike sterflike

die een wat gesê het die dood maak weer lewend –

 

wat vir ʼn paar oomblikke in die wind

woorde kom opsoek het op die kruispaaie van die niet

dit aan ons (en onse soos ons) kom uit blaker het

toe die vier seisoene in verskeie maangelaatstrekke

sou wentel deur die donker oogappel van tyd

die onthou en die afskeid, die dae in die son

wat die maan te pyn is om van te vertel

en daarom dan herhaal moet word:

kom laat ons sing …

 

dat ons aanneem

dat jy dit sou wou skreeu uit jou uier:

dat hierdie lewe nie verniet was nie

ook die wete: dat jou rooi lied nooit sal sterf nie –

 

dat jou meditasies in rooi bloed

sal aanhou om ruimtes oop te maak

sodat voëls van eenderse vere

dag in en dag uit, tot in lengte van dae

horisonne oop sal kan kloof

met die vlerkstigmata van woorde –

 

dit waaraan jy gravitas verleen het

deur jou stem (wat altyd nuut sal bly, sal vernuwe) –

een vlug na die ander van stapel sal stuur

in die hart van Afrikaans

 

dans dan nou op die partituur van Śūnyatā

wees die nagvoël op reis

na ou-ou lande

waar digters met lappe smous:

Salaam Aalikoem

Aalikoem Salaam

 

© Bester Meyer, 2024

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← Bester Meyer. Koning Woord
Selwyn Milborrow. brief an breyten →

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • bevan boggenpoel. winter
  • Willem de Swyger. Ou Steenmaker
  • Krige Visser. olie op die vier
  • Miel Vanstreels. Terug
  • Elisma van Zyl. Tydloos

Nuutste kommentaar

  1. Versindaba on Gunther Pakendorf. hoe dooier hoe mooier16 September 2026

    Dankie Gunther. So op Breyten se verjaarsdag (Pampoendag). - Marlies Taljard

  2. Annora Eksteen on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie11 September 2026

    Net so. Ek kan nie sonner my voorraad vuur houtjies nie. Kerse en gasstofie en die Kaap is heerlik Frans…

  3. Annora Eksteen on Vers-en-klank: Joan Hambidge11 September 2026

    Bai geluk professor Joan! Lank leef! ♥

  4. Bernard Odendaal on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)10 September 2026

    Jy het my nou nog nuuskieriger gemaak. Dankie, Marlies!

  5. Yves T'Sjoen on Joan Hambidge. Sheila Cussons en Dominique Botha: Die ander waarheid8 September 2026

    Bijzonder interessant, Joan. Er valt een boeiende literatuurgeschiedenis te schrijven op basis van dergelijke literaire correspondenties of consonanties. Dat betekent…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d