Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
25 November 2024

Joan Hambidge. Voetskrif

 

Voetskrif

 

Op ‘n Sondagmiddag 3 nm

24 November 2024

boonop 24 grade alhier,

word jou dood aangekondig,

terwyl ek torring aan ‘n vers

oor die Iguazú:

 

‘n bruin naaldwerksakkie

met twee knope, 2 naalde

verskillende kleure garingdraad

rooi en blou en wit

van daardie hotel

reg in die duiwel se keel

dalk op die 31e Februarie?

 

Jy, digter van nietnotas,

met skrifsels goëlend

in ‘n taal gesalpeter in

hierdie land

 

oorhandig aan my ‘n kunsboek:

The 81 ways of letting go a late self

op ‘n vlug na Parys in 2019

waar jy afklim en ek ‘n verdere vlug neem

na my geliefde kontinent, Suid-Amerika

 

ruimte van beswering

én afwering …

 

die dood val ons altyd

in die rede en geen naaldewerk

sal die lakune wat jy agterlaat

kan toewerk nie, want jou

 

verbeelding

 

katalekties uniek

soos die Garganta del Diablo

waaraan ek nou woordeloos stik:

‘n omgekeerde J

teenoor BB

lewendood:

dood dog lewend.

 

© Joan Hambidge

 

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← Selwyn Milborrow. brief an breyten
Annora Eksteen. Breyten, ‘n laaste lied →

1e kommentaar op “Joan Hambidge. Voetskrif”

  1. Eben Venter says:
    26 November 2024 at 05:45

    So mooi. Dankie Joan.

    Reply

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • AVBOB Persverklaring
  • Joan Hambidge. Cussons twee verse oor rose
  • Ferdi Wheeler. Mars
  • Willem M. Roggeman. Het wit van Roger Raveel
  • bevan boggenpoel. winter

Nuutste kommentaar

  1. Versindaba on Gunther Pakendorf. hoe dooier hoe mooier16 September 2026

    Dankie Gunther. So op Breyten se verjaarsdag (Pampoendag). - Marlies Taljard

  2. Annora Eksteen on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie11 September 2026

    Net so. Ek kan nie sonner my voorraad vuur houtjies nie. Kerse en gasstofie en die Kaap is heerlik Frans…

  3. Annora Eksteen on Vers-en-klank: Joan Hambidge11 September 2026

    Bai geluk professor Joan! Lank leef! ♥

  4. Bernard Odendaal on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)10 September 2026

    Jy het my nou nog nuuskieriger gemaak. Dankie, Marlies!

  5. Yves T'Sjoen on Joan Hambidge. Sheila Cussons en Dominique Botha: Die ander waarheid8 September 2026

    Bijzonder interessant, Joan. Er valt een boeiende literatuurgeschiedenis te schrijven op basis van dergelijke literaire correspondenties of consonanties. Dat betekent…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d