Rietspruit
Op die werf van lank terug het ek
daglank na viswaters verlang,
dáár waar die spruit wegkronkel
en die kuile op ’n streep lê
die water glimmend ver gesien –
al met die wilgers langs, blinkend
waar Sloepek Mokwena steggies
van dié boom loop en indruk het.
© Johann Lodewyk Marais, 2024