Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
3 December 2024

Johann Lodewyk Marais. Visse

 

Visse

 

I Ghieliemientjie (Enteromius paludinosus)

 

Dié ghieliemientjie van die Mwaru-,

Naivasha- en Victoriameer

en die bolope van die Lualula,

Lualaba en Lufira roer ook hier

op die helder bodem van Klipgat.

 

 

II Moggel (Labeo umbratus)

 

In die modderpanne van ’n osbog

klewe derduisende taai viseiers

aan die grashalms van die rante

in die vunsige water van die pan

waar snotterlelle en detritus lê.

 

 

III Kleinbekgeelvis (Labeobarbus aeneus)

 

Die wit-en-rooi dobbertjie skiet vinnig

stroomop, want ’n geelvis kies die klippe

in glashelder water as gevaar dreig

tot hy vinnig in die stroomversnelling

omdraai en vir oulaas goudgeel opspring.

 

 

IV Spieëlkarp (Cyprinus carpio)

 

Ons sit by Arbuckledam, van kant tot wal

deur die spruite gevoed en die tuiste

van die spieëlkarp met groot, blink skubbe,

lang rugvin en ’n laag slym oor sy lyf

om waterbeweging in toom te hou.

 

 

V Baber (Barbus barbus)

 

Weer moet ek jou uit die modderwater red

waar die son skroei en al die water trek,

julle geil aangeteel het, bly wriemel

as stil getuies van aardverwarming –

nou in anno 2024.

 

 

VI Bruinforel (Salmo trutta)

 

Uit die koel water van die Mkomazi

kry die Mooirivier rigting deur berge,

verby Kamberg en deur die doringveld;

en in die yl strome en versnellings

wag ’n droë vlieg die bruinforel in.

 

© Johann Lodewyk Marais, 2024

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← Johann Lodewyk Marais. Hoek
Johann Lodewyk Marais. Rietspruit →

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • Dylan Allen. Ma
  • Hendrik J. Botha. Vir Joan op sewentig.
  • Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)
  • Vers-en-klank: Joan Hambidge
  • Gerard Scharn. het boek job herzien

Nuutste kommentaar

  1. Bernard Odendaal on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)10 September 2026

    Jy het my nou nog nuuskieriger gemaak. Dankie, Marlies!

  2. Yves T'Sjoen on Joan Hambidge. Sheila Cussons en Dominique Botha: Die ander waarheid8 September 2026

    Bijzonder interessant, Joan. Er valt een boeiende literatuurgeschiedenis te schrijven op basis van dergelijke literaire correspondenties of consonanties. Dat betekent…

  3. Marieta McGrath on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie31 August 2026

    Ek hou hiervan.

  4. Johan Coetzee on Joan Hambidge. Om die hemel te dekonstrueer30 August 2026

    Die hemel... of hel is opgedollie.

  5. DIETLOFF VAN DER BERG on Resensie: “In memoriam, Johann de Lange” (Johann Lodewyk Marais en Joan Hambidge)28 August 2026

    Soekie, ja, ek stemsaam. Van 'Boondoks' tot 'Gelykenis' is daar net soveel wat mens tref en weer wil herlees.

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • onderhoude
  • Onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d