Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
3 December 2024

Johann Lodewyk Marais. Visse

 

Visse

 

I Ghieliemientjie (Enteromius paludinosus)

 

Dié ghieliemientjie van die Mwaru-,

Naivasha- en Victoriameer

en die bolope van die Lualula,

Lualaba en Lufira roer ook hier

op die helder bodem van Klipgat.

 

 

II Moggel (Labeo umbratus)

 

In die modderpanne van ’n osbog

klewe derduisende taai viseiers

aan die grashalms van die rante

in die vunsige water van die pan

waar snotterlelle en detritus lê.

 

 

III Kleinbekgeelvis (Labeobarbus aeneus)

 

Die wit-en-rooi dobbertjie skiet vinnig

stroomop, want ’n geelvis kies die klippe

in glashelder water as gevaar dreig

tot hy vinnig in die stroomversnelling

omdraai en vir oulaas goudgeel opspring.

 

 

IV Spieëlkarp (Cyprinus carpio)

 

Ons sit by Arbuckledam, van kant tot wal

deur die spruite gevoed en die tuiste

van die spieëlkarp met groot, blink skubbe,

lang rugvin en ’n laag slym oor sy lyf

om waterbeweging in toom te hou.

 

 

V Baber (Barbus barbus)

 

Weer moet ek jou uit die modderwater red

waar die son skroei en al die water trek,

julle geil aangeteel het, bly wriemel

as stil getuies van aardverwarming –

nou in anno 2024.

 

 

VI Bruinforel (Salmo trutta)

 

Uit die koel water van die Mkomazi

kry die Mooirivier rigting deur berge,

verby Kamberg en deur die doringveld;

en in die yl strome en versnellings

wag ’n droë vlieg die bruinforel in.

 

© Johann Lodewyk Marais, 2024

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← Johann Lodewyk Marais. Hoek
Johann Lodewyk Marais. Rietspruit →

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. kapitulasie
  • Jacques Boshoff. Die hond in Desember
  • Margaret Cordier. Wes-kus Desember
  • Margaret Cordier. Tog
  • Stephan du Toit. Florence Nightingale

Nuutste bydraes

  • Johann Lodewyk Marais. N.P. van Wyk Louw se “Beeld van ’n jeug: Duif en perd” as vermaning
  • bevan boggenpoel. oupa doela
  • Wat lees jy? “Douwenis” (Daniel Lötter)
  • Marius W Garbers. Glo deur die solderdeur
  • Johann Lodewyk Marais. Lina Spies se ongemaklike band met Harrismith en die Noordoos-Vrystaat

Nuutste kommentaar

  1. Joan Hambidge on Marius Crous. Vier gedigte26 October 2026

    Uitstekend.

  2. Versindaba on Marius Crous. Vier gedigte25 October 2026

    Jacobus, "Dr. Swathe" se onvanpaste kommentaar is verwyder.

  3. Etienne on Andries Fourie. Waar die stilte wit is24 October 2026

    Mooi

  4. Bernard Odendaal on Johan Myburg. Vertaling uit Afrikaans in Duits. (Vert. Robert Schall)24 October 2026

    Robert Schall weet hoe om vertalend reg te laat geskied aan ‘n treffende Afrikaanse óf Duitse gedig.

  5. Jacobus Swart on Marius Crous. Vier gedigte24 October 2026

    Daar sal in 'n samelewing altyd diegene wees wat die Parthenon op die Akropolis in 'n favela wil verander. Dr.…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • onderhoude
  • Onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d