Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
8 January 2025

Digtersprofiel: Andries Bezuidenhout

Andries Bezuidenhout is ʼn akademikus, digter, musikant en beeldende kunstenaar. Hy woon in Alice in die Oos-Kaap en is professor in ontwikkelingstudies aan die Universiteit van Fort Hare.

As digter het hy twee digbundels gepubliseer, naamlik Retoer (2007) en Veelvuldige gebruike vir huishoudelike toestelle (2014).

As musikant is hy deel van die Brixton Moord & Roof Orkes, maar tree ook as solo-musikant op. Hy het nege albums vrygestel, die mees onlangse ʼn album genaamd Bazaar punk (2022). Soms kombineer Andries sy digterlike en musikale belangstellings, soos die album Derde golf (2021), met opnames van gedigte deur Valda Jansen, Mercy Kannemeyer, Salvia Ockhuis en Lydia Gittens en musikale verwerkings deur Andries.

As beeldende kunstenaar maak hy meestal olieverfskilderye met landskappe en interieurs as tema. ʼn Belangstelling in landskappe, geskiedenis en hoe mense probeer om van plek en ruimte sin te maak, skep ʼn tipe samehang tussen sy kreatiewe en akademiese werk.

Andries is in 1969 in Pretoria gebore en het skoolgegaan aan Laerskool Meyerspark en Hoërskool Silverton, waar hy in 1987 matrikuleer. Na skool was hy dienspligtig in Kimberley, Mamelodi en Namibië (1988-1989). Hierdie tydperk, asook sy grootwordjare in Pretoria, word in sy debuutbundel Retoer ondersoek.

In die vroeë-1990s studeer hy aan die Universiteit van Pretoria en voltooi grade in politieke wetenskappe en sosiologie (BA, honneurs en Magister). Andries is in 1994 met Irma du Plessis getroud.

In 1996 verhuis hulle na Johannesburg, waar Andries eers as dosent by die destydse Randse Afrikaanse Universiteit werk en later as navorser aan die Universiteit van die Witwatersrand. Hy doen navorsing in arbeidstudies, met vakbonde en internasionale ontwikkelingsorganisasies as belangrikste kliënte. Hy voltooi ʼn doktorsgraad in sosiologie (in 2004) aan die Universiteit van die Witwatersrand onder die studieleiding van Eddie Webster en skryf saam met Webster en Rob Lambert ʼn boek oor yskasfabrieke in Suid-Afrika, Australië en Suid-Korea, genaamd Grounding globalisation: Labour in the age of insecurity (2008, Blackwells).

In 2010 keer hy terug Pretoria toe om by die Universiteit van Pretoria te werk (medeprofessor in sosiologie). In 2013 voltooi hy ʼn Magistergraad in kreatiewe skryfkunde (met lof) aan die Universiteit van Stellenbosch, met Willem Anker en Marlene van Niekerk as studieleiers. Dit lei ook tot die publikasie van sy tweede digbundel Veelvuldige gebruike vir huishoudelike toestelle, waarin die nywerheidswese in sy navorsing ʼn tema is.

Aan die einde van 2017 verhuis Andries en Irma Oos-Kaap toe om aan die Universiteit van Fort Hare te werk.

Persoonlike webwerf: https://andriesbezuidenhout.co.za/

YouTube:  https://www.youtube.com/channel/UCRohK0N0wPq_NPn_ASJgV0w

Instagram: https://www.instagram.com/andries_bezuidenhout/?hl=en

 

Digbundels

Retoer. Protea Boekhuis, 2007

Veelvuldige gebruike vir huishoudelike toestelle. Protea Boekhuis, 2014

 

Rubrieke

Toeris in Hillbrow. Human & Rousseau, 2010

 

Klankopnames

As lid van die Brixton Moord en Roof Orkes:

Spergebied. Rhythm Records, 2002

Terug in Skubbe. Rhythm Records, 2005

Slaaptyd in die suburbs. Onafhanklik, 2015

Bazaar punk. Dikeni Records, 2022

As solo-musikant:

Insomniak se Droomalmanak. Rhythm Records, 2003

Bleek Berus. One-F Music, 2009

Onplaats. Die Wasgoedlyn, 2020

Spoorlangs. Dikeni Records, 2021

Saam met Valda Jansen, Mercy Kannemeyer, Salvia Ockhuis en Lydia Gittens:

Derde golf. Jakes Gerwel-stigting en PEN Afrikaans, 2021

 


 

 

[Nota van die Versindaba redaksie: Ons wil graag nuwe en ou digters aanmoedig om vir ons opgedateerde profiele aan te stuur na taljard.marlies@gmail.com 

Van ‘n digter wat al een of meer solo-bundels by ‘n erkende uitgewer gepubliseer het, versoek ons die volgende:

      • ‘n Redelik onlangse foto in JPG-formaat
      • ‘n Lys van publikasies (ook die belangrikste nie-poëtiese publikasies)
      • ‘n Kort lewenskets wat inligting bevat oor o.a. waar en wanneer jy gebore is en grootgeword het, waar jy studeer het, watter beroep jy beoefen of waarmee jy jou tans besig hou, waar jy op die oomblik woon, ens.
      • Enige ander interessante feite oor jou

Skryf asseblief die profiel in narratiewe vorm en nie as ‘n reeks feite ondermekaar nie, ten einde dit meer lesersvriendelik te maak.]

 


 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← Digtersprofiel: Emmie Bedeker
Digtersprofiel: Suzanne-Louise Bezuidenhout →

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • Joan Hambidge. Sheila Cussons en Dominique Botha: Die ander waarheid
  • Nuwe Publikasie. Ilse van Staden: Metamorfose
  • Digtersprofiel: Bernard Odendaal
  • Gerard Scharn. het was verschrikkelijk
  • Nuwe Bundel. Margaret Cordier-Biermann: Spiraal

Nuutste kommentaar

  1. Marieta McGrath on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie31 August 2026

    Ek hou hiervan.

  2. Johan Coetzee on Joan Hambidge. Om die hemel te dekonstrueer30 August 2026

    Die hemel... of hel is opgedollie.

  3. DIETLOFF VAN DER BERG on Resensie: “In memoriam, Johann de Lange” (Johann Lodewyk Marais en Joan Hambidge)28 August 2026

    Soekie, ja, ek stemsaam. Van 'Boondoks' tot 'Gelykenis' is daar net soveel wat mens tref en weer wil herlees.

  4. Soekie Vogel on Resensie: “In memoriam, Johann de Lange” (Johann Lodewyk Marais en Joan Hambidge)27 August 2026

    Hambidge het haarself oortref in haar digsiklus oor De Lange. Aangrypend.

  5. Daniel Hugo on Ilse van Staden. Die Dans25 August 2026

    'n Wonderlike huldeblyk aan die digter se moeder en Van Wyk Louw.

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d