Robin Robertson se intieme gedigte is uiters boeiend.
Hipotese: Daar bestaan ook genderverskille tussen gedigte van manlike digters (wat dikwels meer op die sien/kyk fokus) en vroulike digters wie se verse meer fokus op aanraking. Dit skryf hierdie leser in 2016 in ‘n resensie oor die heruitgawe van Fanie Olivier se bloemlesing Die heel mooiste Afrikaanse liefdesgedigte.
http://joanhambidge.blogspot.com/search?q=mooiste+liefdesgedigte+olivier Besoek 19 Januarie 2025
Die volgende vers het my lank laat nadink:
Venery
What am I to think now,
the white scut
of her bottom
disappearing
down the half-flight
carpet stair
to the bathroom?
What am I to do
with this masted image?
I put all my doubt
to the mouth of her long body,
let her draw the night
out of me like a thorn.
She touched it, and it moved: that’s all.
https://www.poetryfoundation.org/poetrymagazine/poems/49898/venery Besoek 17 Januarie 2024
Venery volgens my tweetalige woordeboek (Bosman, Van der Merwe en Hiemstra) is sowel jag as geslagsomgang (sic!) of wellus.
Scut is ‘n stert, maar ook ‘n onplesierige persoon.
scut noun [C] (TAIL)
Add to word list
the tail of a deer, rabbit, or hare:
The rabbit’s white scut disappeared into the tall weeds.
Fewer examples
- The buck snorted, flashed a white scut, and leaped away.
- The hare galloped away, his white scut bobbing.
- He was just in time to see the naked figure run into another room, the buttocks white as a rabbit’s scut.
SMART Vocabulary: related words and phrases
scut noun [C] (PERSON)
Irish English informal
a person who you think is bad, stupid, or unpleasant:
Go away, you little scut!
https://dictionary.cambridge.org/dictionary/english/scut Besoek 17 Januarie 2025
‘n Negatiewe gevoel word deur hierdie beeld weergegee:
let her draw the night
out of me like a thorn.
Hierteenoor staan ‘n teer vers:
Exposure
Rain, you said, is silence turned up high.
It has been raining now for days.
Even when it stops
there is still the sound
of rainwater, labouring
to find some way into the ground.
We lie in grim embrace: these
two halves trying to be whole, straining
for this break in the static,
in the white noise
that was rain falling
all day and all through the sheeted night.
Silence is rain with the sound turned down,
and I stare out now on a clear view
of something left out on the line:
a life, snagged there—
drenched, shrunken,
unrecognisably mine.
https://poetrying.wordpress.com/2015/09/06/exposure-robin-robertson/ Besoek 17 Januarie 2025
So dig Gilbert Gibson oor die liefde:
[14]
jou oë lê soos dooie vullens bokant
jou wange na ‘n uitbraak van perdesiekte
die wenkbroue daaroor die kleur van brommers
in die son. soos klippe in die veld
lê jou oë, en ‘n wind wat die aanheg
van gras tot skaduwee roer, waai deur jou mane.
jou oë dryf in die bloed onder jou voorkop
die wimpers geril tot inkennigheid
ek wil jou ribbe inval soos runderpes, die lyf
infekteer en stilletjies wegsluip voor die vlerkklap
van aasvoëls. ek neem jou besit soos ‘n slaak
van verligting, jou oë ‘n gestorwe graal:
jou keel is blinkvos
jou mond ‘n splinternuwe saal
https://versindaba.co.za/gedigte/gilbert-gibson/ Besoek 19 Januarie 2025
‘n Sonnet ja waarin die Petrarcaanse edel liefde gedekonstrueer word. Aggressiewe beelde is eweneens hier opvallend. (Dalk omdat die spreker nie sy sensitiewe reaksie op die geliefde kan hanteer nie?)
Met ‘n verwysing na die bekende liedjie “O ek het ‘n perd, ‘n blink vosperd”:
O ek het ‘n perd, ‘n blink vosperd
met ‘n splinternuwe saal
Ek klim op my perd, my blink vosperd
en ek kom om jou te haal
Want jy het gesê as ek jou wil hê
dan moet ek jou kom haal
op my mooi vosperd, my blink vosperd
met ‘n splinternuwe saal
https://www.youtube.com/watch?v=8p4Op1fnISk Besoek 19 Januarie 2025
Bekend aan Gibson is die spel met taal (“ek neem jou besit soos ‘n slaak /van verligting”).
Miskien eerder volstaan met die gedagte dat ‘n gedig se gender manlik of vroulik kan wees onafhanklik van die digter se gender.
Die liefde het sy eie reëls en dogmas. En die digter ontgin die moontlikhede in taal soos Johann de Lange dit illustreer:
As liefde ons verkeerd bewys
As liefde ons verkeerd bewys
en die nag in ons holtes kom lê,
en die dood ons laaste hegsels
losknip uit die lewe se patroon
sodat ons saam is, ongeheg,
asof om te sê ons liefde ken
nog duur nog vordering, sal ons
weet die dood is tydloos soos plesier,
en ons is net somerweerlig,
‘n aprillende gier, net lewe
vir sy dood, voorbrand vir sy vuur.
Inderdaad die akwarelle van die dors …
Joan Hambidge
19 Januarie 2025
Bronne:
Barthes, Roland. 1979. A Lover’s Discourse: Fragments. New York: Hill and Wang.
– 1973/1975. The Pleasure of the Text. New York: Hill and Wang.
Brink, A.P. 2000. Groot verseboek 2000. Kaapstad: Tafelberg.
De Lange, Johann. 1982. Akwarelle van die dors. Kaapstad: Human & Rousseau.
De Lange, Johann. 1998. Die dye trek die dye aan. Kaapstad: Human & Rousseau / Tafelberg. (saam met Antjie Krog).
Olivier, Fanie. 1992. Die mooiste Afrikaanse liefdesgedigte. Kaapstad: Human & Rousseau.
Robertson, Robin. 2014. Sailing the Forest. New York: Farrar, Straus and Giroux.
Onbetaalde rekening
Ek bewaar, nes my ou vader, elke slippie,
soos hy dit noem, in ‘n legger vir opgawes.
Elke besoek aan ‘n restaurant, die 7/11,
vele ander aankope só netjies geboekstaaf.
Helaas vir verkeerde oordeel of liefdesfoute,
bestaan geen dossier groot genoeg vir bewaring.
In die nag onthou ek tussen droom en indertyd,
alles tog opgeteken in hierdie duiwelse bedryf.
© Joan Hambidge, 2025