Op die voorblad van Linda Hutcheon se A Theory of Parody word ‘n skildery van Magritte se Perspective (Le Balcon de Manet) afgedruk.In hierdie studie verwys sy na die inter-art discourse van die parodie.
Robin Robertson dig so:
Glass of Water and Coffee Pot
after Chardin
These rooms of wood, of tongue-and-groove, open out
on a garden of white-washed walls and a maple tree,L
a new Spring bright among the weathered stone and brick.
We find things that are old and used, well-made, well worn
and beautiful because of this. The balance
intimate between that glass of water’s clarity and light
and the pot’s grave darkness: an order so luminous
and fine you needn’t measure it with a rule, just look.
The papery whiteness of the garlic heads is the same light
held in the water glass, the same light lifting a gleam
from the blackened coffee pot that’s somehow managed
to make it through, to find harmony here
on this stone shelf, happiness of the hand and heart,
to keep its heat and still pour clean and true.
‘n Ekfrastiese vers oor die Franse skilder Jean Siméon Chardin (1699-1779), ‘n meester van die stillewe.
Die parodie, aldus Hutcheon, is nabootsing, gekarakteriseer met ‘n sogenaamde “ironic inversion” (1985: 6). En parodie nie net as send-up nie, maar ook as “coded discourse”. Gesprek, palinode, teenstem.
Verskillende digters sal telkens ‘n ander of unieke reaksie gee op ‘n skildery of foto. En die skildery of foto is ‘n (aparte) teks wat nie ‘n geslaagde gedig waarborg nie. Dit is hoe die digter interpreteer in hierdie parasitiese simbiose, soos sy dit klinkend definieer (1985: 61).
En, vir die rekord, ‘n gesiene digter, bloemleser en kenner van onder andere religieuse digkuns soos Fanie Olivier, weet bepaald wat ekfrastiese gedigte behels. Dit is soos om te wonder of Coenie de Villiers Bach se musiek ken.
Die ekfrastiese gedig moet steeds apart as gedig werk en dan op ‘n tweede vlak kry dit ‘n nuwe betekenis in die verhouding met die foto of skildery. Die intieme balans waarvan Robertson praat in sy gedig.
‘n Derde teks ontstaan dan in die leser se gemoed. Tussen skildery (foto) en gedig.
Kyk hoe dig Johann de Lange oor “Jack the Dripper”. Veral die film in 2000 oor Pollock (Jackson Pollock: An American Saga) se lewe (1912 – 1956) met Ed Harris as regisseur en akteur, gee ‘n besondere blik op sy lewe.
Jackson Pollock se skoene
jack the dripper se skoene
is vol spatsels verf
– hy trek anner aan
vir wanner hy verf –
van drup-
drup werfskaf óm
die doek verklap
sy skoene veel
(soos die voete
van ’n porno-ster)
hy skiller stryk-
deur groen of witter
seisoene, deur bitter
windsnerp deur elke
skreef & kier
van die skuur,
hande vuil, swart
onder sy vingernaels
wanner hy drink
skiller hy nie,
dan skel hy, smyt
sy pyn die stilte in
pigmente verhard
deur terpentyn
soos kaal voetsole
in winterskryn
Uit: Johann de Lange. 2009. Die algebra van nood. Human & Rousseau: Kaapstad.
http://johanndelange.blogspot.com/2011/05/die-huwelik-van-woord-beeld-14-jackson.html Besoek 26 Januarie 2025 Besoek 26 Januarie 2025
Die digter Johann se Lange het ‘n belangrike lys van die beeldgedig of ekfrastiese vers op sy blog Kaapse paragrawe:
http://johanndelange.blogspot.com/2012/09/ekfrasis-oftewel-die-beeldgedig-in.html Besoek 26 Januarie 2025
Veral die digter Johan van Wyk, self skilder, het ‘n besondere bydrae as ekfrastiese digter gelewer waarna ons nog sal kyk:
Van Wyk, Johan. 1976. Deur die oog van die luiperd. Kaapstad: Human & Rousseau. 86pp.
- 7-8 hieronymus bosch se koringwa (Hiëronymus Bosch)
- 50 XXVIII. Vir Francis Bacon
- 80 XLVII. die Dube-trein kom deur Soweto-rook (na ‘n foto Harry (?) Dugmore)
Van Wyk, Johan. 1978. Heldedade kom nie dikwels voor nie. Johannesburg: Perskor. 48pp.
- 9-10 Hoe ydel die ontsterflikheid
- 11 Maria Magdalena (na die skildery van Titiaan, vir die hertog van Urbino)
- 12 Don Sebastián de Morra (na ‘n skildery van Velázquez)
- 13 Die dood van Marat (na ‘n skildery van Jacques-Louis David)
- 14 Napoleon in sy studeerkamer (na ‘n skildery van Jacques-Louis David)
- 15 Monsieur Bertin (na ‘n skildery van Jean-Auguste-Dominique Ingres)
- 16 Onthoofde (na ‘n skildery van Théodore Géricault)
- 17 Die pêrel in die branders (na Jules Antoine Castagnary se lesing van 1863)
- 18 Monnik by die see (na ‘n skildery van Caspar David Friederich)
- 19 Olympia (na ‘n skildery van Édouard Manet)
- 20 Perspektief: Die balkon van Manet (na ‘n skildery van René Margritte)
- 21 Die vuurhoutjieverkopertjie (na ‘n skildery van Otto Dix)
- 22 Meisie in die ateljee (na ‘n skildery van Felice Casorati)
- 23 Op loop gegaan (Paul Klee)
- 24 Die kermis (na ‘Vanity Fair’ deur Henri Koerner)
- 25 Die voyeur (Francis Bacon / Vincent van Gogh)
- 26 Die eleketriese stoel (na ‘n werk van Andy Warhol)
- 27 Portrait of an artist, pool with two figures (na ‘n skildery van David Hockney)
- 28-29 Boesmans teken pylskerp (kunsteoreties van boesmankuns tot Wesselman)
Van Wyk, J. 1981. Bome gaan dood om jou. Kaapstad: Human & Rousseau. 45pp.
- 15 Mes in my kop (n.a.v. die film Messer im Kopf van R. Hauff)
- 22 Hiëronymus Bosch
- 24 Marx en Mao (n.a.v. Jean-Luc Godard se La Chinoise)
Van Wyk, J. 1996. Oë in ‘n kas. Kaapstad: Human & Rousseau.
- 13 Die nimf (n.a.v. iets uit die Rococo)
Inderdaad hoe ydel die onsterflikheid.
Joan Hambidge
27 Januarie 2025
Bronne:
De Lange, Johann. 2009. Die algebra van nood. Human & Rousseau: Kaapstad.
Hutcheon, Linda. 1985. A Theory of Parody. Londen: Methuen.
–1994. Irony’s Edge: The Theory and Politics of Irony. Londen / New York: Routledge.
Robertson, Robin. 2014. Sailing the Forest. New York: Farrar, Straus and Giroux.
motion made visible memories, arrested in space
Jou handtekening verklap
die alleryl jou woede
g’n tyd vir wag of hande
skoon maak lewe as aksie
nie waar of vals nie
in elke skildery staan jy
soos jy staan in New York
my hartstad na ‘n hart
wat luister toe daar aan
Salomo verskyn is om
tussen reg en verkeerd
te oordeel afgelag as
jong mens in Cody
Wyoming tot Lee Krasner
trou sweer aan jou in 1945
maar niks kon jou stuit
in ‘n woedebui dronk
die Oldsmobile convertible
se voorruit vol spatsels
bloed die kuns loop
alweer die lewe vooruit
© Joan Hambidge