MATROOS
condemned to a life of seaborne bumming
johohe! hallajo! hohoha! hallojo!
ho! ha! ha! ja! hallajo! hallaha! hallahoja!
kom op uit diselfde gat
hy rys syn kop
en rys al hoger op
maar gebind sal hy bly aan die mas
ons ore volgestop met kêros
teen die geil gebulk van die listige:
wil jy myn schip se seiltjie wees my hart?
*
johohohe! johohohe! johohohe! johohe!
ho! he! je! ha!
stuurman hys die seile gooi anker
nie verniet het ons die pekelwater
nag vir nag bevaar
hui!hui!hui!
die see is fokol diep en blou hierso
inkswart dalk
for, be she fierce or be she gay
the sea is a famous friend always
in die hawens op kersdag spot hulle
ons leef van rum
maak cum dumps van mekaar
so tussen die sweephoue deur
*
matrose lyk helaas nie meer soos querelle
man in frokkie en stywe wit broek
iemand vir wie jy in ’n mes sal inloop
aspris die stene verkeerd gooi om te keer
dat bloed sy broeknaat vlek
hui!hui!hui!
’n matroos ruik nie meer soos le mâle in sy strepiestoppie
’n matroos is nie akneeloos soos pierre et gilles se knaap
vir hulle sal tom en bruce nie skets of kiek
toiinrige klein mannetjies
dra geen wit keppies jockeys of tattoos
afgeskeer hul digoorgroeide pubisbosse
praat vining en skarrel vinniger
hulle gaan nie na die poop deck
willies at the ready
*
wys vir matroos vos jou pielemuisie
lief fijn geil beest
johohe! hallajo! hohoha! hallojo!
ho! ha! ha! ja! hallajo! hallaha! hallahoja
neem my, o matroos, neem my saam as jy swerwe
hui!hui!hui!
sing matroos sing
instead of the cross, the albatross
about your neck was hung
hui! und satan hört’s! johohe!
hui! nahm ihm beim wort! johohe!
senta! senta! senta o senta!
I wish I was sailing away, sailing away,
sailing away with you tonight with you tonight
want tesame hoort ons soos die wind en die see
© Marius Crous, 2025