“Kopskuif nodig” in skep van blitssepies.
Die Burger 18/2/2025
kopskuif
daar is nie meer planne nie
die aarde word ‘n argief
die woorde dril dril laat ons gegrief
want hier by bloukrans is daar nie
oliebore te bespeur nie
net oer ou klippe wat van tye sonder datering getuig
met ligeen daarop is ‘n gejuig
van geen menslike planne nie
© Hennie Maartens, 2025