Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
25 February 202527 February 2025

Meyer van Rensburg. “Michaelangelo in his final years on Display at British Museum”

 

“Michaelangelo in his final years on Display at British Museum”

Associated Press, London, 30 April, 2024

 

Al jou grootse skeppinge

kan nie deesdae iewers gesien word nie:

daarvoor het jy wel  goed gesorg

toe jy marmer kerf

en kwasse laat spat

want jy het die hele hemel self geverf!

 

Blykbaar het jy vir eeue vooraf al geweet

Mussolini sal jou blyplek

in die Piazza Rusticucci sloop

saam met die Santa Caterina

della Cavallerotte kerk

in die hoop

om só ‘n meer imposante uitsig te skep

‘n spoggerige wyer straat net om

die Sixtynse Kapel

a prima vista

beter ten toon te stel.

 

Dáár, bo teen die plafon,

waar jy, Il Divino,  staan-staan,

met stywe nek op stellasies sukkel

om die hele hemel

druppel

vir

druppel

te skilder; weer te gee

kompleet met engele en die Here,

die  ganse uitspansel,

soos bestel deur die delle Rovere pous:

in toto

vanaf God wat uitreik na die menshand

aan die genesis-begin

en nuut geskepte malse velde

tot by die apokalips,

insluitende alle Ou Testament helde

en profete, van jonk tot ouer

veral Sagaria, met sy grandiose retoriek,

vlieënde strydwaens

en tsemach: die spruit wat tempels bou.

 

Dus, wetende dat jy eendag

‘n tuiste kwyt sal wees,

sluip jy suutjies jou eie beeld hierin

as Michael, aartsengel en beskermer,

(want jou naam is mos só)

en verewig daarmee jouself

vir almal om te besigtig:

eeue ná die sloping

is jou blyplek nou inderdaad

hier verseker met dié visie van jouself

as die tsemach-akolitaat.

 

© Meyer van Rensburg

 

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • Jan Rabie-Rapportprys 2026
  • Netwerk24 kykNET Rapport Herman Binge-filmprys 2026
  • Netwerk24 kykNET Rapport Breyten Breytenbach-prys vir digkuns 2026
  • Netwerk24 kykNET Rapport Boekresensent van die Jaar 2026
  • Netwerk24 kykNET Rapport-prys vir niefiksie 2026

Nuutste kommentaar

  1. Versindaba on Gunther Pakendorf. hoe dooier hoe mooier16 September 2026

    Dankie Gunther. So op Breyten se verjaarsdag (Pampoendag). - Marlies Taljard

  2. Annora Eksteen on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie11 September 2026

    Net so. Ek kan nie sonner my voorraad vuur houtjies nie. Kerse en gasstofie en die Kaap is heerlik Frans…

  3. Annora Eksteen on Vers-en-klank: Joan Hambidge11 September 2026

    Bai geluk professor Joan! Lank leef! ♥

  4. Bernard Odendaal on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)10 September 2026

    Jy het my nou nog nuuskieriger gemaak. Dankie, Marlies!

  5. Yves T'Sjoen on Joan Hambidge. Sheila Cussons en Dominique Botha: Die ander waarheid8 September 2026

    Bijzonder interessant, Joan. Er valt een boeiende literatuurgeschiedenis te schrijven op basis van dergelijke literaire correspondenties of consonanties. Dat betekent…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d