Vuur en Vlam
Huisgenoot, 26 Desmenber 2024
Die duiwel het weer sy pyp
langs van Hunks laat val
en te laat,
vervaard
daarna gegryp.
Die vonkspiraal
in die wind
bly rampspoedig draal
terwyl vuur en vlam
digte fynbos vind.
Grys rookwolke
bondel lukraak
saam in die lug.
Helikopters
beplan akkuraat
elke reddingsvlug.
Kapenaars sug.
Vroegoggend bring troos
as die suidoos
met deernis
‘n mismantel
wat pamperlang
oor die Berg kom hang.
© Andrea Sieberhagen, 2025