Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
7 March 2025

Joan Hambidge. Johan van Wyk as vertaler

 

I

Hierdie portretvers van El Primo deur Diego Vélasquez is ‘n klassieke skildery. El Primo, ‘n spotnaam vir Sebastián de Morra.

‘n Hofnar vir Philip IV in Spanje, geskilder in 1644.

Hy sterf in 1649.

Dit hang in die Prado.

En deur Johan van Wyk opgevang in ‘n gedig. En vertaal van Afrikaans na Engels.

Die dwergie se bestaan is ‘n klein bietjie bekend aan my. ‘n Goeie vriendin van my is een. Sy het deur die jare baie van die problematiek róndom haar bestaan vir my verduidelik: soos dat hulle nie daarvan hou om met ander, soos hulle, te sosialiseer nie. En dat sy veral haar roem op agentskap en haar lewe met trots uitleef. Een aand het ons twee op Dancing Queen gedans in ‘n kroeg. Ek lank; sy kort. Ek gay; sy straight. En vir my vertel hoe sy deur die jare mans moes afweer wat net wil weet hoe dit is om met haar te slaap.

Tot haar eindelose irritasie. Sy het eweneens ‘n rol vertolk in ‘n toneelstuk Haikoe geplaas in ‘n sandput. Aangrypend. Dit was 25 jaar gelede …

In Skokiaan wat nie meer bestaan nie. Daar waar sy die bekkige kroegvrou was, staangemaak op ‘n bankie om bó die toonbank uit te staan.

Ander benamings vir dwergie (wat nie politiek-korrek is nie): gnome, midget, dwarf, Lilliputian, midge, manikin, pygmy.

 

 

Don Sebastián de Morra
Na ‘n skildery van Velázquez

In sy stomp vuisies kan hy ‘n blom
frommel soos ‘n sakdoek, sy beentjies
is plat op die vervelige vloer. Sy verouderde oë
verwyt: My? U?
Party kinders is altyd speelgoed
van vreemdelinge. “U wat hom mismaak het,”
sê die skilder, “meer blom as mens,
mag ek hom vertoon
sodat hy oë streel
met, versluier, sy mensoë.”

 

Johan van Wyk vang die woede op van hierdie mens. Die verwyt wat ons sien in die verouderde oë. En God word aangespreek as “U”.

Dalk ook die kyker wat deel word van hierdie patroon van misbruik?

Van Wyk beklemtoon hoe hy misbruik word:

Party kinders is altyd speelgoed
van vreemdelinge.

Speelgoed impliseer ook dat hy dalk ‘n seksobjek was?

Die skilder tree vir hom in die bresse:

“U wat hom mismaak het,”
sê die skilder, “meer blom as mens,
mag ek hom vertoon
sodat hy oë streel
met, versluier, sy mensoë.”

Hy is meer blom (versiering) as mens en in hierdie skildery sal die skilder hom verlos uit sy pyn en vervelige bestaan. Bekend as sogenaamde sabandijas of slangetjies: vasgekeer in die paleis. ‘n Soort besitting van die meester.

Meer blom as mens aktiveer die idioom “mossie maar man” of “klein maar getrein”.

Kabouter of dwergie is nie meer polities-korrekte woorde nie.

Lengte-gestremde? Dit sal helaas nie deug in ‘n gedig nie.

 

II

Don Sebastián de Morra
After a painting by Velázquez

In his blunt fists he could fumble
a flower like a handkerchief, his short legs
is flat on the boring floor. His aging eyes
reproaches: Me? You?
Some children are always the toys
of strangers. “You that mismade him”
says the painter, “more flower than man,
may I show him
so that he could caress eyes,
with his, veiled, human eyes.”

 

En die vertaling? Dit mis die grinterigheid van die Afrikaanse gedig.

“Stomp vuisies”, die verkleining word “blunt fists”. “Mismaak” word vertaal as “mismade”.

Mismaak is so ‘n gelade woord wat eweneens die woord misbaksel in sig dra. “Beentjies” word “short legs” en die verkleining in Afrikaans gaan dus verlore.  Dis altyd moeilik om ‘n gedig van een taal na ander digterlik te transporteer.

Waarskynlik illustreer hierdie gedig hoe sterk Afrikaans werk met verkleinwoorde.

 

III

Kyk hoe netjies word Van Wyk Louw se “Klipwerk” vertaal deur Robert Schall van Afrikaans na Duits:

 

kyk die fieteljienies

alkant toe trap hy

bo in die mied se blom

onder in die mied se kom

 

schau die firlefänzchen

er tritt nach allen seiten

oben auf die diemendecke

unten in das diemenbecken

https://versindaba.co.za/2020/03/05/n-p-van-wyk-louw-50-robert-schall-vertaling-in-duits-2/ Besoek 5 Maart 2025

En kyk net hoe verkeerd vertaal google translate na Engels en Frans.

‘n Goeie vertaling vang iets op van die oorspronklike segging. Hierom was Uys Krige so ‘n uitstekende vertaler met sy coplas in Afrikaans gebloemlees deur M.M. Walters in sy reeks Poësie uit die verre lande: Spaanse dans. Spaanse gedigte vertaal deur Uys Krige:

 

Elke korrel stof

kan ek in ‘n copla verander.

Skaars klaar met een

of hier sing reeds ‘n ander.

(1991: 102).

 

‘n Goeie gedig moet dans en sing in die nuwe taal.

Fieteljienies!

 

Bronne:

Walters, M.M. (red.) 1991. Poësie uit die verre lande: Spaanse dans. Spaanse gedigte vertaal deur Uys Krige. Johannesburg: Perskor.

 

Joan Hambidge

5 Maart 2025

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • ND Cronjé. wiskunde
  • Driekie Grobler. skoffeer
  • Digtersprofiel: Pieter Odendaal
  • Yves T’Sjoen. “’n pêrel stilte”
  • Joan Hambidge. Cussons en “Die knetterende woord”

Nuutste kommentaar

  1. Versindaba on Gunther Pakendorf. hoe dooier hoe mooier16 September 2026

    Dankie Gunther. So op Breyten se verjaarsdag (Pampoendag). - Marlies Taljard

  2. Annora Eksteen on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie11 September 2026

    Net so. Ek kan nie sonner my voorraad vuur houtjies nie. Kerse en gasstofie en die Kaap is heerlik Frans…

  3. Annora Eksteen on Vers-en-klank: Joan Hambidge11 September 2026

    Bai geluk professor Joan! Lank leef! ♥

  4. Bernard Odendaal on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)10 September 2026

    Jy het my nou nog nuuskieriger gemaak. Dankie, Marlies!

  5. Yves T'Sjoen on Joan Hambidge. Sheila Cussons en Dominique Botha: Die ander waarheid8 September 2026

    Bijzonder interessant, Joan. Er valt een boeiende literatuurgeschiedenis te schrijven op basis van dergelijke literaire correspondenties of consonanties. Dat betekent…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d