Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
18 March 2025

Joan Hambidge. Oog en oor

 

I

 

Stilte

 

Ek het vergeet, vergeet

hoe mens jou blootstel, hoe jy jou laat beseer

deur onmatig van ‘n ander mens te hou.

Jou volsinne het my nooit die les geleer

wat jou swye my toevertrou.

 

So dig Elisabeth Eybers in Noodluik wat in 1989 verskyn het.

Matig beteken sober, ingehoue teenoor onmatig wat oordrewe, oordadig, buitensporig, oormatig beteken.

Eybers werk hier met die spanning tussen praat en swyg.

En toevertrou is ironies: dit beteken oorlaat, vertel.

Marshall McLuhan in Understanding media skryf immers: “The world of the ear is more embracing and inclusive than that of the eye can ever be. The ear is hypersensitive. The eye is cool and detached.” Dit word deur Elize Botha aangehaal in ‘n skerpsinnige besinning oor Hennie Aucamp in Die Afrikaanse literatuur sedert Sestig op bladsy 367.

 

 

Primitive man lived in a much more tyrannical cosmic machine than Western literate man has ever invented. The world of the ear is more embracing and inclusive than that of the eye can ever be. The ear is hypersensitive. The eye is cool and detached. The ear turns man over to universal panic while the eye, extended by literacy and mechanical time, leaves some gaps and some islands free from the unremitting acoustic pressure and reverberation.

https://www.goodreads.com/quotes/12452990-primitive-man-lived-in-a-much-more-tyrannical-cosmic-machine  Besoek 16 Maart 2025

II

Skilders as digters gebruik sowel die oog as oor soos in gesien het in die digkuns van Breytenbach en Johan van Wyk. Die aandag van jou oë is die titel van Petra Müller bundel 2002:

 

 

Glas

 

Op reis

in Tarragona het ek toe gesien

hoedat die vlam die kwarts bedien

totdat die glas begin te vloei

en uit die asem van die maker swel

as weerloos liggevulde bel

wat afskulp sonder grein

of naat.

 

Jou liefde het my so verlaat.

 

Oor Breytenbach het Marilet Sienaert, ‘n besondere teoretikus, gefokus op die oog/oor in haar vele analises van die digkuns.

 

 

file:///C:/Users/User/Downloads/756-2208-1-SM-2.pdf  Besoek 17 Maart 2025

 

Sienaert merk insigryk op:

 

Hierdie spel van polariteite ontplooi op ’n verdere vlak met semantiese betekenis wat manifesteer teen die agtergrond van wat  Breytenbach die “between-words” noem, die “background of emptiness, or the Void” wat ervaar word in terme van “prosody, line, shape, texture, harmony, dissonance, silences, ruptures …” (1996b:9). Sodanige tekstuur is onder meer te vind in die patroonmatigheid van die klankherhalings (kyk die laaste strofe van “sneeu in ’n vreemde nag”), of in die stilte wat deur onverwagse tipografiese ruimtes geskep word, (soos ná “dit gaan onheilig word” [1:2]) in dieselfde gedig.  (pp. 47, 48)

file:///C:/Users/User/Downloads/540-1766-1-SM.pdf Besoek 17 Maart 2025

 

Oog sluit nie oor uit nie. Sy wys op die patroonmatigheid van klankherhalings (oor) en die tipografie (oog). Stiltes en oorgange …

 

Kyk hoe werk Johan van Wyk met hierdie spanning:

 

OLYMPIA

Na ‘n skildery van Manet

‘n Pienk strik in die hare van die godin,
‘n veter geknoop om haar nek
en ‘n bytjie aan haar oor.
Die hoë kussing en die ruiker
ruik in die hande van die bediende.
Die armband. Haar tone druk saggies
in die holte van ‘n japanse sandaal.
Die tossels aan die deken, patrone van rose,
die stert van die kat staan rinkhals
omhoog terwyl sy geel oë die besoeker
beloer. Haar bene lê gemaksugtig
en haar hand
versluier terloops die skaduwee
haarswart.

https://johanvanwyk.oblogs.co.za/texts/heldedade-kom-nie-dikwels-voor-nie/  Besoek 14 Maart 2025

 

Hier is die oog belangrik. Dis immers ‘n ekfrastiese vers. Jy fokus saam met die digter as fokalisator op dit wat hy op die voorgrond plaas. Sy is gemaksugtig teenoor die gevaarlike kat …

Beloer teenoor versluier.

Johann de Lange skryf ook oor hierdie skildery op sy blog Kaapse paragrawe:

 

Eduard Manet, Olympia, 1863

 

Olympia

na ’n skildery deur Eduard Manet

 

Vir wie se verbeelding lê jy

gerangskik, bevrugbare blom,
wawydwakker soos ’n morning glory?
Gekamoefleer met bril, jas
& notaboek, som ek jou naakte
bedekking op: vel, haarfluweel,
die mikjuweel onnodig bedek.
Jou kamerbediende presenteer
− selfbewus oor my teenwoordigheid? −
’n ruiker: die liefdesverklaring
van ’n jong bewonderaar
vir wie jy nou nie veel oë het nie.
Die kat begluur my git. Geel oë.
Sy stert staan jakopregop.

 

Jou blik het my klaar opgesom

vir wat ek is: geleentheidsvoyeur,
& jy voel gevlei, geamuseer.
Jy lê lig & koel, die sandale
soos bewonderaars aan jou voete,
’n arrogante roos in jou hare
& die hanger om jou hals
’n geskenk. Só lyk jy wêreldwys
& blasé, maar mý mislei jy nié:
vir wie se gerief
lê jy so gerieflik?

 

De Lange se spreker werk oog met die oog. Die vrou word vermanlik as ‘n morning glory (‘n manlike ereksie).

 

Die oog word hier meervoudig:

 

die liefdesverklaring
van ’n jong bewonderaar
vir wie jy nou nie veel oë het nie.
Die kat begluur my git. Geel oë.
Sy stert staan jakopregop.

 

Die kat beloer op sy beurt weer die voyeur. ‘n Geleentheidsvoyeur wat die ironie bevestig.

 

Die vrou kyk terug:

 

 Jou blik het my klaar opgesom

vir wat ek is: geleentheidsvoyeur,
& jy voel gevlei, geamuseer.

 

Uit: Johann de Lange. 2010. Judasoog. Human & Rousseau: Kaapstad.

https://johanndelange.blogspot.com/search?q=manet+johann+de+lange Besoek 14 Maart 2025

Dit het oorspronklik verskyn in sy debuut Akwarelle van die dors.

En dan Opperman se Shaka met die digter se priemende blik op die geskiedenis. Sintuie is werktuie, was die bekende Opperman dictum.

Hiermee ‘n resensie:

 

Johann Lodewyk Marais
Imprimatvr, 2024
079612843X, 9780796128430
66 bladsye

Joan Hambidge

Johann Lodewyk Marais is ‘n opgeleide historikus. As digter het hy al sy merk gemaak met reisboeke as tydsdokumente. Sy jongste besinning King Shaka (CA.1781-1828): From Shades of Grey to Fascination gee ‘n blik op die mitiese figuur Shaka.

Marais betrek verskeie historiese bronne, beginnende by Dan Wylie, en ander belangrike tekste oor Shaka. Hier is ‘n relevante bibliografie opgeneem. Van die voormalige Senegalese president Léopold Sédar Senghor tot Thomas Mofolo se roman in 1926, vertaal in Afrikaans deur Chris Swanepoel in 1974.

Mofolo (1876 – 1948) is eweneens te lese in Frans, Duits, Italiaans en Igbo. Hy het op ‘n fiets gery van Lesotho tot in Zoeloeland vir sy navorsing. Vandag kan ons blitsig  soontoe vlieg.

En in Zoeloe het ons Mazisi Kunene se gedig wat weer sterk fokus op die mondelinge tradisie. Daar word gekyk na die sogenaamde prys-gedig (izibongo). Van Stephen Gray (saam met Cecil Skotnes) tot die dramaturg Pieter Fourie. P.J. Schoeman se Pampata: Die beminde van Koning Tjaka (1978) tot Alfred Schaffer se Mens dier ding (2018). En Antjie Krog se boeiende artikel oor die verkleurmannetjies op Shaka in 2010 waar sy Opperman en Mofolo vergelyk, verdien vermelding.

Dan Wylie is die anker vir Marais se analises. Biografie of anti-biografie? Eurosentriese weergawes teenoor populistiese interpretasies soos die tien uur lange TV-reeks Shaka Zulu (1986) met die akteur Henry Cele in die hoofrol. William Faure was die regisseur.

Hieroor is Wylie skerp. Alles te oordrewe buite die Zoeloe-realiteit vervaardig vir die Eurosentriese kyker se verwagtinge en vooropgestelde idees. Om Shaka te probeer begryp, aldus Laband, is “to venture into a tangled an dangerous forest with mantraps set across the twisting paths” (xvii).

Ons lees hoe Mangosuthu Buthelezi telkens Shaka se beeld gebruik het om die hede en verlede te verduidelik. Vir Wylie is Shaka ‘n “myth of iron”: aggressief dog durend.

Die verskillende skrywers maak van Shaka ‘n kaleidoskopiese figuur. Ons/julle word almal se besit. Of is hy net ‘n verbale konstruksie soos Wylie meen? Legendes, leuens, historiese versinsels?

Hierdie boek het my teruggeneem na D.J. Opperman se uitsonderlike gedig in Heilige beeste (1945) en opnuut bewondering afgedwing. Nie alleen die navorsing nie, maar die transportering na ‘n epiese vers, is indrukwekkend. Omdat die gedig inspeel op die orale tradisie werk dit nie met Germaanse rympatrone nie. Opperman snoer behendig die kodes saam van hierdie twee tradisies. En sy sterk metafore systap enige rassistiese kritiek, aldus Wylie (26).  Teenoor Stephen Gray se gedig wat op sy beurt ‘n dramatiese monoloog is.

Shaka (circa 1781 – 1828) word hier uitstekend onder die loep geneem deur die digter en historikus Johann Lodewyk Marais. Nathan van den Berg se voorblad (gebaseer op ‘n foto van Diana Simumpande) verdien vermelding.

Media24 17 Maart 2025

Joan Hambidge

17 Maart 2025

 

Bronne:

Cloete, T.T. (red.). 1980. Die Afrikaanse literatuur sedert sestig. Kaapstad: Nasou.

De Lange, Johann. 2010. Judasoog. Kaapstad: Human & Rousseau.

Eybers, Elisabeth. 1989. Noodluik. Kaapstad: Human & Rousseau.

Marais, Johann Lodewyk. 2024. King Shaka (CA.1781-1828): From Shades of Grey to Fascination. Pretoria: Imprimatvr.

McLuhan, Marshall. 1964. Understanding Media: The Extensions of Man. New York: McGraw Hill.

Müller, Petra. 2002. Die aandag van jou oë. Kaapstad: Tafelberg.

Sienaert, Marilet. 2001. The I of the Beholder. Identity Formation in the Art and Writing of Breyten Breytenbach. Kaapstad: Kwela.

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← Digtersprofiel. Breyten Breytenbach
Joan Hambidge. Die sogenaamde skisofreniese digter: Johan van Wyk en Wilhelm Knobel →

1e kommentaar op “Joan Hambidge. Oog en oor”

  1. Anita Van der Walt says:
    30 March 2025 at 09:05

    Hoe hy dit reggekry het om hemel met die aarde te verbind tot hy trots en staande sterf ‘n Reus stil weggeneem. Rus in Vrede Johann de Lange
    Joan jou woorde waansinnig mooi! Dankie !
    My Innige medelye aan vriende en familie

    Reply

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • ND Cronjé. wiskunde
  • Driekie Grobler. skoffeer
  • Digtersprofiel: Pieter Odendaal
  • Yves T’Sjoen. “’n pêrel stilte”
  • Joan Hambidge. Cussons en “Die knetterende woord”

Nuutste kommentaar

  1. Versindaba on Gunther Pakendorf. hoe dooier hoe mooier16 September 2026

    Dankie Gunther. So op Breyten se verjaarsdag (Pampoendag). - Marlies Taljard

  2. Annora Eksteen on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie11 September 2026

    Net so. Ek kan nie sonner my voorraad vuur houtjies nie. Kerse en gasstofie en die Kaap is heerlik Frans…

  3. Annora Eksteen on Vers-en-klank: Joan Hambidge11 September 2026

    Bai geluk professor Joan! Lank leef! ♥

  4. Bernard Odendaal on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)10 September 2026

    Jy het my nou nog nuuskieriger gemaak. Dankie, Marlies!

  5. Yves T'Sjoen on Joan Hambidge. Sheila Cussons en Dominique Botha: Die ander waarheid8 September 2026

    Bijzonder interessant, Joan. Er valt een boeiende literatuurgeschiedenis te schrijven op basis van dergelijke literaire correspondenties of consonanties. Dat betekent…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • onderhoude
  • Onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d