Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
28 March 202528 March 2025

Joan Hambidge. Stil punt van die aarde

Stil punt van die aarde
JdL 

In Roland Barthes deur homself,
lees ek op oor die inkvis: behorend
tot die orde van Coleoidea.

Ek onthou ‘n seekat
in jou sitkamer in Seepunt,
wat snags stilletjies glip
sit in een tenk en soggens
in die tweede alleen
aangetref word.

Hoe hierdie outjie,
‘n platgesmeerde blits
van kleur kan verander;
boonop sy mantel draai
soos dit pas, verduidelik jy
wetenskaplik-korrek.

Later in ‘n akwarium,
(nes ons besoeke aan ‘n dieretuin)
weet ek Barthes had gelyk:
singe entre les signes …
as jy nie ‘n bekende taal besit nie,
steel een soos alle digters doen:
altyd immer voortdurend
in ballingskap, verbanning
of ‘n interne verhuising.

Met potlood of swart ink,
on le sait, ‘n amfibioloog.

L’envoi
En nou woon jy tussen die sterre
in daardie ballingskap
buite woorde of taalsisteme soekend

na die stil punt van die aarde.
JdL, johnnypanic, Johannes …
Ek wou nog sê …

© Joan Hambidge, 2025

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

3e gedagtes oor “Joan Hambidge. Stil punt van die aarde”

  1. Eben Venter says:
    29 March 2025 at 04:39

    Ontstemmend mooi.
    Die essensie van Johann de Lange vasgevang, of verlos.

    Baie dankie Joan.

    Reply
  2. Christiaan Diedericks says:
    28 March 2025 at 15:59

    Bitterlik mooi Joan!

    Ek is seker jou hart is aan flarde…

    Liefde liefde…

    Reply
  3. Eugene Vorster says:
    28 March 2025 at 15:41

    Wat ‘n wonderlike huldiging. Nou is daar net een van die oorspronklike “enfant terribles” oor in ons digkuns. My medelye ook aan u.

    Reply

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • Jan Rabie-Rapportprys 2026
  • Netwerk24 kykNET Rapport Herman Binge-filmprys 2026
  • Netwerk24 kykNET Rapport Breyten Breytenbach-prys vir digkuns 2026
  • Netwerk24 kykNET Rapport Boekresensent van die Jaar 2026
  • Netwerk24 kykNET Rapport-prys vir niefiksie 2026

Nuutste kommentaar

  1. Versindaba on Gunther Pakendorf. hoe dooier hoe mooier16 September 2026

    Dankie Gunther. So op Breyten se verjaarsdag (Pampoendag). - Marlies Taljard

  2. Annora Eksteen on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie11 September 2026

    Net so. Ek kan nie sonner my voorraad vuur houtjies nie. Kerse en gasstofie en die Kaap is heerlik Frans…

  3. Annora Eksteen on Vers-en-klank: Joan Hambidge11 September 2026

    Bai geluk professor Joan! Lank leef! ♥

  4. Bernard Odendaal on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)10 September 2026

    Jy het my nou nog nuuskieriger gemaak. Dankie, Marlies!

  5. Yves T'Sjoen on Joan Hambidge. Sheila Cussons en Dominique Botha: Die ander waarheid8 September 2026

    Bijzonder interessant, Joan. Er valt een boeiende literatuurgeschiedenis te schrijven op basis van dergelijke literaire correspondenties of consonanties. Dat betekent…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • onderhoude
  • Onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d