Cloisonnisme
Paul Gauguin, Winterlandskap 1879, Museum of Fine Arts, Budapest
omgeef van alle teenstand
het hy soos ‘n seekat se suiers
die hemelruim besoek en in
sy verlatenheid die plat aarde
as renegaat verlaat
die landskap is soos ‘n plat gelaat
met kaal gestroopte bome
soos ‘n winternag se prag.
© Hennie Maartens, 2025