Iewers
Na Nicole Pletts se Somewhere
Iewers tussen gister en nou vloei
die blou skaduwee van onthou
soos ‘n waterstrook agter ’n skip
al verder weg. Die geheue raak
wasige blou ink in die water
en verdwyn in die voue
van die verlede. Dele weet
dryf weg en word ingesuig
deur die draaikolk van vergeet.
Agtergelaat deur taal en woord
beur die enkeling alleen voort.
©Marthé McLoud, 2025