Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
2 June 2025

Marthé McLoud. Werkdag

 

Werkdag

 

Na George Milwa Mnyaluza Pemba se The Road Diggers

 

Met hulle oë op die grond gerig

lig die mans in een beweging saam

­- soos in ’n massavertoning –

die pikke hoog bo hulle koppe.

Hulle knipmes op en af in stilte

hulle arms en rûe is gehoorsaam.

 

Die pikke sing ritmies hulle eie lied

terwyl hulle die aarde oopkloof.

Die reuk van vars grond styg op

en klonte grond en klip verkrummel

voor voete. ’n Skaduwee-man met ’n stok

hou hulle dop – moontlik die voorman.

 

Die werkers se rûe raak kromboompies

hulle voete geankerde wortels in stadsgrond

en hulle arms gespierde takke terwyl hulle harte

op die maat van die pikslae teen hulle ribbes klop

en hulle lywe soos chlorofil die sonlig absorbeer

om te bot en hulle arbeidsvrug huis toe te stuur.

 

Na ’n dag se werk raak hulle asemhaling

sag soos die vlinderslag van ’n mot,

was die werkers sweet en spiere skoon

en keer terug na hulle enkelmatras

om môre voor dagbreek weer op te staan

en die grond verder in stukke te slaan.

 

©Marthé McLoud, 2025

https://www.straussart.co.za/auctions/lot/389-27-may-2025/249

 

 

 

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← Marthé McLoud. Iewers
Marthé McLoud. Elvis bly op Niekerkshoop →

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • bevan boggenpoel. winter
  • Willem de Swyger. Ou Steenmaker
  • Krige Visser. olie op die vier
  • Miel Vanstreels. Terug
  • Elisma van Zyl. Tydloos

Nuutste kommentaar

  1. Versindaba on Gunther Pakendorf. hoe dooier hoe mooier16 September 2026

    Dankie Gunther. So op Breyten se verjaarsdag (Pampoendag). - Marlies Taljard

  2. Annora Eksteen on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie11 September 2026

    Net so. Ek kan nie sonner my voorraad vuur houtjies nie. Kerse en gasstofie en die Kaap is heerlik Frans…

  3. Annora Eksteen on Vers-en-klank: Joan Hambidge11 September 2026

    Bai geluk professor Joan! Lank leef! ♥

  4. Bernard Odendaal on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)10 September 2026

    Jy het my nou nog nuuskieriger gemaak. Dankie, Marlies!

  5. Yves T'Sjoen on Joan Hambidge. Sheila Cussons en Dominique Botha: Die ander waarheid8 September 2026

    Bijzonder interessant, Joan. Er valt een boeiende literatuurgeschiedenis te schrijven op basis van dergelijke literaire correspondenties of consonanties. Dat betekent…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d