Selfportret
(by die vertrek van ‘n skilder)
mag die vadere van krismishuise
nie vir ons beërwe plaas
mag die koningsblom ‘n laaste maal
as prinses deur die bloeibranders waad
mag die asem van ewiglewendes
voortdurtend aan gestorwenes se grafte knaag
en sal iedereen mag geskenke bring:
‘n nuut verweerde groen trui
‘n vuisvol vere van gestorwe sluwe bitter eende
trosse songeel hanepoot uit ‘n boord in Wellington
dalk ‘n ongesiende laatvers vra
of net ‘n reisbondel gee:
een dik rol hasish
‘n bultbeursie met skilfervars đôngs
en gomstawe uit suid-wes
© Krige Visser, 2025