nuwejaar
sou oranje blanje blou
kwashale verhale
van kaapse klopse
in skarlakenrooi strikdasse
wat reëlmatig om nekke pryk
hul bekommernisse
kon kallus of verdoesel
tot die laaste droesem
sou oranje blanje blou
hul baadjies kraakvars hou
monde en oë wit gepleister
gesaxofoon of gebanjo
met dans as skans
of skalks in klanklose kontoere
gedagtes en wroegings
gevange kon hou
en tog – oranje blanje blou
met ‘n grasgroen hoed
rooi gestreepte broek
handskoen’ heiligwit
en ’n hoopvolle hart
gaan hul ’n nuwe jaar
in feestelike luim
okerbruin agtergrond ten spyt
singend tegemoed
© Retha van Deventer, 2025.
Kaapse Klopse deur Phillip Britz
Dankie vir die voorreg!