Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
7 July 2025

Hambidge met Krog

 

 

Beste vriende,

Graag nooi ons u uit na die volgende Orde van den Prince-byeenkoms wat in samewerking met SASNEV aangebied word.

Datum en tyd: Saterdag 12 Julie 2025 om 10:00 vir 10:30.

Plek: SASNEV Konferensiesaal, Sentraalplein 4, Pinelands.

 

RSVP teen 9 Julie by info@sasnev.co.za.

Joan Hambidge tree in gesprek met Antjie Krog oor haar outobiografiese roman Binnerym van bloed, wat in Mei 2025 gepubliseer is.

 

Die uitgewer, Penguin, beskryf hierdie boek soos volg:

 

“Digter Antjie Krog keer terug na die landskap van haar kindertyd. Die Vrystaatse vlaktes bekoor haar – dit is haar tuiste; ook die tuiste van haar ma, die skrywer Dot Serfontein. Dot is by die negentig. Sy is verswak en moet voltyds versorg word, maar haar intellek en humorsin is vlymskerp en haar skrywerskap vergelykbaar met die van haar dogter.

 

In Binnerym van bloed  breek Antjie Krog die grense tussen genres af en skryf sy oor hierdie verhouding wat haar bly fassineer en kasty. Sy gebruik briewe, dagboekinskrywings en versorgingsverslae om verrykende benaderings tot kreatiwiteit, ideologie en die waarheid van oud word bloot te lê.

 

Krog spoel die onoorkombare verskille tussen geslagte oop, maar wys ook die liefde en wedersydse bewondering tussen twee hoogs bekwame skrywers. Pragtig en indringend geskryf, delf  Binnerym van bloed in kulturele erfgoed, die land se Anglo-Boereoorlogverlede, kwessies van grondbesit en ras, ook romantiese verhoudings oor rasgrense heen.

 

Hierdie verhaal oor die verhouding tussen ’n ma en ’n dogter is Krog se mees persoonlike, ook haar mees universele.”

 

Antjie Krog, gebore 23 Oktober 1952, is ’n bekroonde digter, joernalis, filosoof en Buitengewone Professor aan die Universiteit van Wes-Kaapland.

Sy behaal in 1973 ’n BA-graad in Engels aan die Universiteit van die Vrystaat, ’n M.A. in Afrikaans aan die Universiteit van Pretoria in 1976 en ’n onderwys diploma aan UNISA.

Krog debuteer op die jong ouderdom van 18 met die bundel Dogter van Jefta (1970). Hierna volg nog elf digbundels asook drie bundels met kinderverse uit haar pen. Haar drie niefiksiewerke, Country of my skull (1998), A change of tongue (2003) en Begging to be Black (2009) verskyn in Engels.

Vir haar poësie het Krog onder andere die volgende pryse ontvang: die Eugene Marais-prys (1973), die Rapport-prys (1987), die Hertzogprys (1990), die FNB Award (2000) en die RAU-prys (2000). Mede-wete is in 2015 op die kortlys vir die toekenning van die Universiteit van Johannesburg-prys en verower in hierdie jaar die Elisabeth Eybers-prys en die ATKV-prys vir poësie.

Vir haar vertaling van gedigte uit die inheemse tale, Met woorde soos met kerse (2002), ontvang Krog in 2003 sowel die Toekenning vir Voortreflike Vertaling van Poësie, as die Toekenning vir Beste Vertaler van die Suid-Afrikaanse Vertalersinstituut (SAVI) in 2003.

Haar gedigte word opgeneem in talle versamelbundels, wat insluit Groot verseboek, Die Afrikaanse poësie in ’n duisend en enkele gedigte, Digters en digkuns, Die dye trek die dye aan, Woordpaljas, Liggaamlose taal, Goudaar, My Afrikaanse verseboek, Kraaines, Verse vir Opperman, Majesteit, die kat, Die goue vreugde, Voorspraak en Die mooiste Afrikaanse liefdesgedigte. In 2020 word van haar gedigte in Vers en vrou opgeneem.

Krog se gedigte is in Engels, Nederlands, Frans, Spaans, Duits en Italiaans vertaal. In 2009 verskyn ‘n keur uit haar werk, Digter wordende, by Human & Rousseau.

 

Sy het die Hertzogprys 2023 (Poësie) en die UJ-prys 2023 vir haar jongste poësiebundel, Plunder (2023), ontvang.

 

‘n Resensie van Binnerym van bloed deur Joan Hambidge het in die aanlyn Rapport van 11 Mei 2025 verskyn. (Soek “Binnerym van bloed” in die Netwerk24 toep en u sal die resensie maklik vind.)

 

Klik op die volgende skakel na LitNet vir veel meer oor Antjie Krog:

 

https://www.litnet.co.za/antjiekrog-1952/

 

Klik op die volgende skakel na LitNet vir ‘n resensie van Binnerym van bloed deur Deborah Steinmair:

 

https://www.litnet.co.za/boekevat-met-deborah-binnerym-van-bloed/ 

 

Met hartlike groete,

 

Marius van Wyk             Eureka Barnard                            Erwin Rode             Jan Mutton

Sekretaris &                  Web-inhoudsbestuurder                Voorsitter                Onder-voorsitter

Penningmeester                                                                                                 Programbestuurder vir Nederlandse Taal & Kultuur

 

 

Deel:

  • Click to share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Click to share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading...

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Resensie: "Dawerende stiltes" (Caren Kearley)
  • Resensie: "Wilma Stockenström: Met my wysvingertop" (Ronel Foster, red.)
  • Marlies Taljard gesels met Yves T’Sjoen oor "De ontdekking van het eiland" (Deel 1)
  • Joan Hambidge. Athol Harold Lannigan Fugard
  • Marlies Taljard gesels met Yves T’Sjoen oor "De ontdekking van het eiland" (Deel 3 - slot)

Nuutste bydraes

  • Joan Hambidge. Die digkuns as weefwerk
  • Bert Bevers. Aanwijzingen
  • Riaan le Roux. Kans
  • Paul Kloppers. bosluisvoël
  • Digtersprofiel: Marlise Joubert

Nuutste kommentaar

  1. Stephan du Toit on Stephan du Toit. Geboorteland13 January 2026

    Baie dankie Marthé.

  2. Bernard Odendaal on Bernard Odendaal. Musikale oomblik9 January 2026

    Dankie, Joan.

  3. Marthé McLoud on Stephan du Toit. Geboorteland9 January 2026

    Treffende gedig.

  4. Joan Hambidge on Bernard Odendaal. Musikale oomblik8 January 2026

    'n Uitstekende palinode - spel met Cloete. En die slot is 'n mokerhou! Jou gedig is treffend.

  5. Bernard Odendaal on Daniel Hugo. Voorbeeldig8 January 2026

    Treffend. En: Gesondheid in die rondheid!

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d