Die twaalfuurkanon
18 Julie 2025
Presies om twaalf ‘n valskermspringer teen die berghang.
Ongeveer 14.45 onthou ek ‘n besoek teen Tafelberg op
toe die kabelkar halfpad stol en ons word streng beveel
om in ‘n veilige bruin sak na benede te daal of te wag.
Jy besluit om in te klim om tog iets nuuts te beleef,
wyl ek alleen staan tot die kabelkar langsaam beweeg.
Toe ek jou weer ontmoet, vertel jy van die benederit,
die afdaal in ‘n donker sak tollend tollend tot onder.
En nou? Maande ná jou vertrek roep ek steeds in die nag
na jou en die hereweet, bly op ‘n boodskap van jou wag.
“Dood is ‘n harde ding om te verstaan”, skryf jy in ‘n gedig.
En ek voltooi in my gemoed nóg ‘n vers net aan jou gerig.
© Joan Hambidge, 2025
