Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
5 August 2025

Joan Hambidge. Bakhtin en Wilgenhof

 

“Life by its very nature is dialogic. To live means to
participate in dialogue.”
― Mikhail Bakhtin

 

I

Die onrus én ongelukkigheid oor Edwin Cameron se toespraak by Wilgenhof aan die Universiteit van Stellenbosch maak opslae. Hy het in sy hoedanigheid as voormalige primarius gepraat en nie as regter óf voormalige kanselier nie.

https://www.netwerk24.com/netwerk24/nuus/aktueel/us-reageer-cameron-se-uitlatings-oor-wilgenhof-betreurenswaardig-20250801 Besoek 4 Augustus 2024

Sy toespraak is ‘n oomblik wat beskou kan word as karnivalesk, via Mikhail Bakhtin, die Russiese teoretikus. Daardie moment wanneer reëls oortree word en hiërargieë ineenstort.

Humor, parodie én uitbundigheid is part en deel van dié proses. Via Rabelais en Bakhtin se siening van heteroglossia.

Dit is uiteraard nooit aangenaam as jy aan die ontvangkant staan nie. Maar dit wys altyd op vooroordele én stereotipe denke.

‘n Jonger geslag (ook swart studente) is gelukkig in Wilgenhof, ten spyte van die aannames wat gemaak is. En ‘n voormalige rektor en die huidige kanselier se dubbelpratery rondom dié kwessie kom weer aan bod.

 

Hier is die toespraak:

 

https://www.politicsweb.co.za/opinion/what-lay-behind-the-antiwilgenhof-crusade–edwin-c  Besoek 3 Julie 2025

 

II

Mikhail Mikhailovich Bakhtin (1895 – 1975) die gesiene teoretikus is hier ‘n baken. Sy werk oor Dostojefski is besonder uitstekend en sy impak op moderne literatuurteorie beduidend. Die konsep polifonie is van belang. Freudianism (1927), The Formal Method in Literary Scholarship (1928), Marxism and the Philosophy of Language (1929) en Rabelais and His World (1965) is van sy bekendste werke.

In die Afrikaanse literatuurkritiek het  onder andere Ronel Foster en Louise Viljoen al uitstekende referate gelewer oor sy werk.

https://www.britannica.com/topic/Carnival-pre-Lent-festival Besoek 3 Julie 2025

III

Wat behels die karnivaleske?

 

 

Die geveg tussen Karnival en Lent. Pieter Brueghel, De Oude (1569).

‘n Subvertering van die huidige orde en dikwels kom die profane ook aan bod. Ook ‘n ruimte waar klas- of standverskille uitgewis word. Met uitbundigheid en skatologiese verwysings.

In films word die karnaval gebruik om karakters te ontmasker, soos in The Wings of the Dove (1997), daardie verruklike film van Iain Softley, gebaseer op Henry James se teks. Helena Bonham Carter, Linus Roache en Allison Elliott in die hoofrolle. Met Charlotte Rampling as Aunt Maud.

Dit speel af o.a. in Venesië, die stad van maskers en karnaval.

 

The Wings of the Dove

 

 

 

 

III

In 2014 publiseer T.T. Cloete ‘n bundel Karnaval en Lent, die jolige en grensoorskydende dimensie geplaas teenoor die vastyd. Die tyd van onthouding.

Lent (voor Paastyd) word gevier deur Katolieke, Anglikane, Lutherane, Metodiste, Presbiteriane en sekere Baptiste.

Cloete, die meester van die jukstaposisie, ondersoek die spel tussen die hoë en die lae vlakke van menswees. ‘n Man van teenstrydighede: digter én teoretikus; ‘n weerlose, dog sterk mens.

Hier praat hy met Marlies Taljard oor die bundel:

 

https://versindaba.co.za/2014/03/04/onderhoud-met-tt-cloete-2/  Besoek 4 Augustus 2025

 

ons gewete

 

ons skryf nie gedigte nie

hulle is ons

 

hulle kondig hulle by ons ongenooid

sonder afspraak aan

 

voor ons húlle ooit verwag

weet gedigte hulleself vooruit

 

dikwels lap hulle teen ons sin alles uit

 

hulle is ons toesighouers en gewete wat vir ons weet

hulle dwing ons om oop te praat wat ons graag verswyg

of stilweg ontken in ons alledaagse toepraat of vergeet

 

 

(“ons gewete”, 150)

 

En dan:

 

“die gedig wil die geveg tussen karnaval en lent

in ’n onbesliste gewapende stilstand op die ou end

in taal besweer”

 

IV

‘n Toespraak, ‘n film én digbundel illustreer vanuit verskillende hoeke die mag van die karnavaleske.

Verskillende inval- of aanvalhoeke, kan ‘n mens aanvoer.

 

Verby die “toepraat” na die oopmaak. Die afruk van maskers:

 

“Carnival is a pageant without footlights and without a division into performers and spectators. In carnival everyone is an active participant, everyone communes in the carnival act. Carnival is not contemplated and, strictly speaking, not even performed; its participants live in it, they live by its laws as long as those laws are in effect; that is, they live a carnivalistic life. Because carnivalistic life is life drawn out of its usual rut, it is to some extent “life turned inside out,” “the reverse side of the world” (‟monde à l’envers”).”

― Mikhail Bakhtin

 

Joan Hambidge

Kaapstad

Augustus 2025

 

Bronne:

 

Bakhtinhttps://www.goodreads.com/author/quotes/3858028.Mikhail_Bakhtin?page=3

 

Besoek 4 Augustus 2025

 

Cloete, T.T. 2014. Karnaval en Lent. Kaapstad: Tafelberg.

Dentith, Simon. 1995. Bakhtinian Thought: An introductory reader. Londen: Routledge.

https://api.pageplace.de/preview/DT0400.9781134814008_A24933371/preview-9781134814008_A24933371.pdf  Besoek 4 Augustus 2025

Lodge, David. 1988. Modern Criticism and Theory – A Reader. New York: Longman.

 

                                       

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← Joan Hambidge. Nogmaals Brecht
Joan Hambidge. “4.15 and steady rain: The envelope sonnets” van Tony Ullyatt →

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. verskille
  • Anne-Marie Bartie. vlinderslag
  • Hendrik J. Botha. Teen sononder
  • Anne-Marie Bartie. bewys van betaling
  • Marius Crous. Twee mombakkiesliedjies

Nuutste bydraes

  • Digtersprofiel: Johan Myburg
  • Joan Hambidge. Piromaan
  • Joan Hambidge. My geliefde voormalig
  • Jasmyn Beetge. Delikaat
  • Hennie Maartens. oorskot

Nuutste kommentaar

  1. Margaret Cordier-Biermann on Margaret Cordier-Biermann. Vrye teuels16 July 2026

    Dankie, Andre — jy verf gedigte en ons ry nou tyd en woorde bloots.

  2. Andre Roothman on Margaret Cordier-Biermann. Vrye teuels15 July 2026

    Uiters gemaklik op die literere verteringsstelsel. tyd die tiran het sy deugde.

  3. Toekie on C Fritze. Boodskap aan die see14 July 2026

    Pragtig geskryf. Het dit baie geniet.

  4. Bernard Odendaal on Daniel Hugo. Wat ’n vers kan verraai en vermag13 July 2026

    Die onderbenoeming - konkreter: die min woorde - roep treffend ‘n ysliker en aaklige “werklikheid” op.

  5. Karin on C Fritze. Boodskap aan die see13 July 2026

    Dié gedig praat met my hart en met my siel. Ek verlang na die klank en die reuk van die…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d