Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
29 July 2025

Joan Hambidge. Nogmaals Brecht

 

I

Brecht sing Afrikaans – ‘n Bertolt Brecht-song-boek het in 1989 verskyn by Tafelberg Uitgewers. So op die spoor van die vorige rubriek oor BB ‘n ander fokus op sy werk. In hierdie antologie verskyn drie weergawes van “Die ballade van die verdrinkte meisie” uit 1920. Uit Das Berliner Requiem staan onderaan.

Een van Arnold Blumer, een van Barend J. Toerien en ‘n derde weergawe van Johann van Heerden.

So lui dit in Duits:

 

Die Ballade vom ertrunkenen Mädchen

Als sie ertrunken war und hinunter schwamm
Von den Bächen in die größeren Flüsse
Schien der Opal des Himmels sehr wundersam
Als ob er die Leiche begütigen müsse.

Tang und Algen hielten sich an ihr ein
So dass sie langsam viel schwerer ward.
Kühl die Fische schwammen an ihrem Bein
Pflanzen und Tiere beschwerten noch ihre letzte Fahrt.

Und der Himmel ward abends dunkel wie Rauch
Und hielt nachts mit den Sternen das Licht in Schwebe.
Aber früh ward er hell, dass es auch
Noch für sie Morgen und Abend gebe.

Als ihr bleicher Leib im Wasser verfaulet war
Geschah es (sehr langsam), dass Gott sie allmählich vergaß.
Erst ihr Gesicht, dann die Hände und ganz zuletzt erst ihr Haar.
Dann ward sie Aas in Flüssen mit vielem Aas.

 

https://www.utelemper.com/music/pirate-jenny-kurt-weill-reimagined/track/die-ballade-vom-ertrunkenen-madchen-2/ Besoek 29 Julie 2025

 

II

Hoe luuks dat die leser drie weergawes van hierdie gedig kan lees (en vergelyk) in Afrikaans. Die Duitse vertaalprojek, tans te lese op die Versindaba, is in die hande van twee meesters. Daar word nie gegluip nie, maar presies en netjies word die gedigte getransporteer na Afrikaans.

Žižek in The Pervert’s Guide to the Cinema fokus op die stem van karakters in films en veral Charlie Chaplin kon die mag van die stem manipuleer. En om  goed te vertaal, beteken dat jy die stem van die digter moet begryp. Dieselfde geld die werk van ‘n akteur wat eweneens onder die vel van die karakter moet kan inklim.

David Suchet verduidelik in Behind the scenes hoe hy as akteur Poirot se stem geskep het. Hy is ‘n “walking brain” en daarom het hy die stem in die kop geskep. Die diep stem wat na bo beweeg. 53 reekse met David Suchet as Hercule Poirot waar hy fokus op elke détail soos wat Agatha Christie dit geskep het. Die sogenaamde “rapid mincing gait” en die vyf suikerklontjies in die koffie. Met Poirot, die jintelman, wat opstaan wanneer ‘n vrou die vertrek binnestap. Ons sien ook hoe die grimeerkunstenaar Suchet transformeer tot Poirot.

En vertalings word soos ‘n speurverhaal.  Met die leser as die speurder wat naspeur en vergelyk. Is daar uit die oorspronklike taal vertaal of uit Engels? As laasgenoemde gebeur, is jy bepaald skuldig …

III

In die tweede strofe:

 

Tang und Algen hielten sich an ihr ein

So dass sie langsam viel schwerer ward.

Kühl die Fische schwammen an ihrem Bein

Pflanzen und Tiere beschwerten noch ihre letzte Fahrt.

 

By Arnold Blumer:

 

Wier en alge is vir haar lyk ‘n las

sodat sy stadigaan swaarder word.

Koel swem visse altyd weer teen haar vas,

plante en diere bemoeilik nog haar laaste tog.

 

By Barend J. Toerien:

 

Alge en wiere klewe haar aan,

sodat sy swaarder word langsaamgewys.

Teenaan haar bene het koel visse gegaan,

plante en diere belas nog haar laaste reis.

 

By Johann van Heerden:

 

Alg en seewier klou aan haar liggaam vas,

sodat sy stadigaan swaarder word.

Koel swem die visse om haar bene rond,

plante en diere belemmer nog haar heel laaste vaart.

 

(33 -35)

 

Wie kom die naaste aan die stem van hierdie pakkende gedig met sy hemelse opaal?

Of wie is skuldig aan vertalingmoord?

 

 

Joan Hambidge

Kaapstad

Julie 2025

 

 

Bronne:

 Christie, Agatha. 2006. Cards on the table. Regisseur Sarah Harding.

https://www.imdb.com/title/tt0478226/  Besoek 29 Julie 2025

Žižek, Slavoj. 2006.The Pervert’s Guide to the Cinema. https://www.youtube.com/watch?v=FYuI4SFw4g0 Besoek 29 Julie 2025

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← Joan Hambidge. Keer terug, kom
Joan Hambidge. Bakhtin en Wilgenhof →

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. verskille
  • Anne-Marie Bartie. vlinderslag
  • Hendrik J. Botha. Teen sononder
  • Anne-Marie Bartie. bewys van betaling
  • Marius Crous. Twee mombakkiesliedjies

Nuutste bydraes

  • Digtersprofiel: Johan Myburg
  • Joan Hambidge. Piromaan
  • Joan Hambidge. My geliefde voormalig
  • Jasmyn Beetge. Delikaat
  • Hennie Maartens. oorskot

Nuutste kommentaar

  1. Margaret Cordier-Biermann on Margaret Cordier-Biermann. Vrye teuels16 July 2026

    Dankie, Andre — jy verf gedigte en ons ry nou tyd en woorde bloots.

  2. Andre Roothman on Margaret Cordier-Biermann. Vrye teuels15 July 2026

    Uiters gemaklik op die literere verteringsstelsel. tyd die tiran het sy deugde.

  3. Toekie on C Fritze. Boodskap aan die see14 July 2026

    Pragtig geskryf. Het dit baie geniet.

  4. Bernard Odendaal on Daniel Hugo. Wat ’n vers kan verraai en vermag13 July 2026

    Die onderbenoeming - konkreter: die min woorde - roep treffend ‘n ysliker en aaklige “werklikheid” op.

  5. Karin on C Fritze. Boodskap aan die see13 July 2026

    Dié gedig praat met my hart en met my siel. Ek verlang na die klank en die reuk van die…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d