Foutlyn
sal ons wanneer ons oë ontmoet
verby iris verby pupil
sal ons dieper kyk?
daar
waar geëts op elke neuron
grysvertak in elke hemisfeer
gegroei en geleef
die verwonding van kleins
die foutlyn wat ons vergesél skuil
sal ons dán verstaan en nie oordeel?
© Stephan du Toit, 2025
