DIE BLYWENDE
Solank die Tatrawind so speels
Oor Slowaakse veldblomme streel,
Sal meisies hulle inborduur
Op lappe, knus en bont versier.
Solank daar in die Beierse woud
Byle vroegdag knal, hou na hou,
Solank sal jy eensames kry
Wat gewyde houtbeelde sny.
Solank die Liguriese vaart
Van vissers die see daar ervaar,
Solank sal kantklossende vroue
Vanaf die kus ʼn oog daaroor hou.
My, aardse volkere, ontroer
Die blywende, deur jul volvoer.
Ek self, sonder volk, sonder land,
Stut nou my voorkop met die hand.
***
DAS BLEIBENDE
Solang noch der Tatrawind leicht
Slovakische Blumen bestreicht,
Solang wirken Mädchen sie ein
In trauliche Buntstickerein.
Solang noch im bayrischen Wald
Die Axt im Morgengraun hallt,
Solang auch der Einsame sitzt,
Der Gott und die Heiligen schnitzt.
Solang auf ligurischer Fahrt
Das Meer seine Fischer gewahrt,
Solang wird am Strande es schaun
Die spitzenklöppelnden Fraun.
Ihr Völker der Erde, mich rührt
Das Bleibende, das ihr vollführt.
Ich selbst, ohne Volk ohne Land,
Stütz nun meine Stirn in die Hand.
Vertaal deur Bernard Odendaal
________________________________
Oor Franz Werfel:
https://en.wikipedia.org/wiki/Franz_Werfel
Oor die gedig (’n bespreking in Duits):
https://www.planetlyrik.de/reinhold-grimm-zu-franz-werfels-gedicht-das-bleibende/2018/09/
’n Voordrag van die gedig:
Terug na Honderd van die bestes: Vertalings van ’n keur uit 20ste-eeuse Duitse gedigte
