Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
21 August 20254 July 2025

100 Duitse Bestes: Theodor Kramer (1897-1958)

WIE LUI DIE KLOKKIE BY DIE DEUR?

Wie lui die klokkie by die deur,
die nagryp lê nog wit!
Als reg, my skat. Die seun het net
die melk daar neergesit.

Wie lui die klokkie by die deur?
Ek loop al, kind; gerus.
Dit was ʼn kêrel en hy vra
ons buurman wie ons is.

Wie lui die klokkie by die deur?
Sit, ek staan klaar gereed.
Pos het gekom, maar daardie brief
waarop ons wag, ontbreek.

Wie lui die klokkie by die deur?
Ek loer gou deur die ruit.
Die huisbaas het kom sê ons moet
aanstaande maand hier uit.

Wie lui die klokkie by die deur?
Kyk, buite bloei die vlier.
Pak, liefste, asseblief ons tas
en huil nie; hulle’s hier.

***

WER LÄUTET DRAUSSEN AN DER TÜR?

Wer läutet draußen an der Tür,
kaum daß es sich erhellt?
Ich geh schon, Schatz. Der Bub hat nur
die Semmeln hingestellt.

Wer läutet draußen an der Tür?
Bleib nur; ich geh, mein Kind.
Es war ein Mann, der fragte an
beim Nachbarn, wer wir sind.

Wer läutet draußen an der Tür?
Laß ruhig die Wanne voll.
Die Post war da; der Brief ist nicht
dabei, der kommen soll.

Wer läutet draußen an der Tür?
Leg du die Betten aus.
Der Hausbesorger war’s; wir solln
am Ersten aus dem Haus.

Wer läutet draußen an der Tür?
Die Fuchsien blühn so nah.
Pack, Liebste, mir mein Waschzeug ein
und wein nicht; sie sind da.

Vertaal deur Robert Schall
___________________________

Oor Theodor Kramer:

https://en.wikipedia.org/wiki/Theodor_Kramer

Oor die gedig (’n bespreking in Duits):

https://www.planetlyrik.de/kurt-klinger-zu-theodor-kramers-gedicht-wer-laeutet-draussen-der-tuer/2016/03/

’n Video van ʼn uitvoering van die getoonsette gedig:

____________________________________________________________________________________________________________

DIS MIDDERNAG

Wat laat my skielik wakker skrik?
Die lug is goor en dik;
dis middernag, onsigbaar sit
iets op my nek en druk.
Waar is die mens wat nog vannag
my vir ʼn dop wil skiet?
Ek trommel hard, ek trommel sag
die swart mars na die niet.

Die maan hang koud daarbo asof
gevalle uit die tyd;
die struike staan en ritsel dof
in louter eensaamheid.
Waar is die mens wat my vannag
ʼn lêplek langs haar bied?
Ek trommel hard, ek trommel sag
die swart mars na die niet.

Wêreld, wat jy van my verlang,
is op! In sweet gebaai,
soek ek na slaap, en ek is bang
en maak vir my lawaai.
Wie hoor, behalwe ek, vannag
die stem van die gereg?
Met trommelslae hart en sag
sien ek die swart mars weg.

***

ZUR HALBEN NACHT

Was bin ich plötzlich aufgewacht.
Die Luft ist schal und dick;
unsichtbar sitzt zur halben Nacht
ein Druck mir im Genick.
Ist niemand da, der trinken will
mit mir vorm Nahn des Lichts?
Ich trommle laut, ich trommle still
den schwarzen Marsch ins Nichts.

Der Mond steht kalt am Himmel, wie
gefallen aus der Zeit;
die Sträucher seufzen hohl wie nie
vor lauter Einsamkeit.
Ist niemand da, der schlafen will
mit mir vorm Nahn des Lichts?
Ich trommle laut, ich trommle still
den schwarzen Marsch ins Nichts.

Erschöpft hat sich, was du verlangst
von mir, o Welt; ich härm
im Schlaf mich sehr und ich hab Angst
und mach, allein, mir Lärm.
Ist niemand da, der mithörn will
die Stimme des Gerichts?
Ich trommle laut, ich trommle still
den schwarzen Marsch ins Nichts.

Vertaal deur Robert Schall
___________________________

Oor die gedig (’n bespreking in Duits):

https://www.planetlyrik.de/milo-dor-zu-theodor-kramers-gedicht-zur-halben-nacht/2016/04/

Terug na Honderd van die bestes: Vertalings van ’n keur uit 20ste-eeuse Duitse gedigte

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. vlinderslag
  • Anne-Marie Bartie. bewys van betaling
  • Marius Crous. Twee mombakkiesliedjies
  • Carla Botha. Lesse in Wêreldreise
  • Stephan du Toit. Moed

Nuutste bydraes

  • Johann Lodewyk Marais. Swartoogtiptol
  • Hennie Maartens. blommeprag
  • Joan Hambidge. Sheila Cussons en die verwikkelde lyn
  • Johann Lodewyk Marais. Seisoen
  • Koos de Wet. Onse Raka

Nuutste kommentaar

  1. Versindaba on Joan Hambidge. Sheila Cussons en die verwikkelde lyn17 August 2026

    Marlies Taljard: Johann se Lange het destyds in "Kaapse Paragrawe" soms oor Sheila Cussons geskryf. Sien byvoorbeeld dié onderhoud wat…

  2. Andries Fourie on Andries Fourie. Soos die val van ‘n veer16 August 2026

    Baie dankie Anne-Marie!

  3. Joan Hambidge on Joan Hambidge. Sheila Cussons en Borges11 August 2026

    Dank. Albei is wonderbaarlike digters. Ek lees nou weer die hele Cussons en hoe sy Neruda en Borges vir ons…

  4. Mirinda on Krige Visser. lykskou10 August 2026

    Iets wat mens nooit sal vergeet nie....veral wanneer so jonk en sensitief...en die reuke sal mens altyd bybly...

  5. Eugene Vorster on Joan Hambidge. Sheila Cussons en Borges10 August 2026

    Beste Professor Hambidge, baie dankie vir hierdie boeiende artikel. Dit inspireer ‘n mens om verder oor Borges & Cussons te…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d