Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
4 September 20255 July 2025

100 Duitse Bestes: Bertolt Brecht (1898-1956) (II)

VRAE VAN ‘N LESENDE ARBEIDER

Wie het die sewepoortige Thebe gebou?
In boeke staan die name van konings.
Het die konings die rotsblokke nader gesleep?
En die herhaaldelik verwoeste Babilon –
Wie ’t dit soveel kere opgebou? In watter huise
Van die goudstralende Lima het die bouwerkers gewoon?
Waarheen, die aand toe die Sjinese Muur klaar was, het
Die messelaars gegaan? Die grote Rome
Staan vol triomfboë. Wie ’t dit opgerig? Oor wie ’t
Die caesars getriomfeer? Het die veelbesonge Bisantium
Net paleise vir sy inwoners gebied? Selfs in die legendariese Atlantis
Het, die nag toe die see dit verswelg het,
Die versuipendes brullend na hulle slawe geroep.

Die jong Alexander het Indië verower.
Op sy eie?
Caesar het die Galliërs verslaan.
Het hy nie minstens ʼn kok by hom gehad nie?
Filips van Spanje het geween toe sy vloot
Ondergegaan het. Niemand anders wat gehuil het nie?
Frederik die Tweede het in die Sewejarige Oorlog geseëvier. Wie ’t
Geseëvier behalwe hy?

Op elke bladsy ʼn sege.
Wie het die oorwinningsmaal berei?
Elke tien jaar weer ’n groot man.
Wie moes die gelag betaal?

So baie verslae.
So baie vrae.

***

FRAGEN EINES LESENDEN ARBEITERS

Wer baute das siebentorige Theben?
In den Büchern stehen die Namen von Königen.
Haben die Könige die Felsbrocken herbeigeschleppt?
Und das mehrmals zerstörte Babylon –
Wer baute es so viele Male auf? In welchen Häusern
Des goldstrahlenden Lima wohnten die Bauleute?
Wohin gingen an dem Abend, wo die chinesische Mauer fertig war,
Die Maurer? Das große Rom
Ist voll von Triumphbögen. Wer errichtete sie? Über wen
Triumphierten die Cäsaren? Hatte das vielbesungene Byzanz
Nur Paläste für seine Bewohner? Selbst in dem sagenhaften Atlantis
Brüllten in der Nacht, wo das Meer es verschlang
Die Ersaufenden nach ihren Sklaven.

Der junge Alexander eroberte Indien.
Er allein?
Cäsar schlug die Gallier.
Hatte er nicht wenigstens einen Koch bei sich?
Philipp von Spanien weinte, als seine Flotte
Untergegangen war. Weinte sonst niemand?
Friedrich der Zweite siegte im Siebenjährigen Krieg. Wer
Siegte außer ihm?

Jede Seite ein Sieg.
Wer kochte den Siegesschmaus?
Alle zehn Jahre ein großer Mann.
Wer bezahlte die Spesen?

So viele Berichte.
So viele Fragen.

Vertaal deur Bernard Odendaal
________________________________

Oor die gedig (ʼn bespreking in Duits):

https://www.planetlyrik.de/juergen-theobaldy-zu-bertolt-brechts-gedicht-fragen-eines-lesenden-arbeiters/2021/08/

ʼn Video van ʼn voorlesing van die gedig:

Opmerking:

ʼn Vroeëre Afrikaanse vertaling van die gedig het verskyn in: Gunther Pakendorf. 1990. Woorde soos pluimsaad. Duitse gedigte uit agt eeue. Kaapstad en Johannesburg: Perskor-Uitgewers.

____________________________________________________________________________________________________________

TOE EK NA DIE TYD DAAR LOOP

Toe ek na die tyd daar loop
By jou, daardie groot Vandag
Sien ek, oë toe eers oop,
Dat die mensdom skerts en lag.

En ná daardie aand se uur
Jy weet waarvan ek praat
Is ek met mooier mond versier
My bene ratser en paraat.

Groener, sedert ek so voel
Is bome, struike, gras
En die water pragtig koel
As dit oor my plas.

***

ALS ICH NACHHER VON DIR GING

Als ich nachher von dir ging
An dem großen Heute
Sah ich, als ich sehn anfing
Lauter lustige Leute.

Und seit jener Abendstund
Weißt schon, die ich meine
Hab ich einen schönern Mund
Und geschicktere Beine.

Grüner ist, seit ich so fühl
Baum und Strauch und Wiese
Und das Wasser schöner kühl
Wenn ich’s auf mich gieße.

Vertaal deur Bernard Odendaal
________________________________

Oor die gedig (ʼn kort bespreking in Duits):

https://www.planetlyrik.de/lyrikkalender/bertolt-brechts-gedicht-als-ich-nachher-von-dir-ging/

____________________________________________________________________________________________________________

AAN MY LANDGENOTE

Julle wat oorlewe het in uitgeroeide stede
Ontferm julle, eindelik, oor júlle!
Moenie opnuut gaan oorlog maak nie, arme julle
Of daar te min van was in die verlede:
Ek smeek julle, ontferm julle tog oor júlle!

Julle, manne, gryp die troffel, nie die mes nie!
Julle sou onderdak verkeer het nou
Het julle minder op die mes vertrou,
Om onderdak te hê is tog die beste.
Ek smeek julle, gryp troffels, nie die mes nie!

Julle, kinders, om al die oorlog te vermy
Gaan verg dat julle insig van jul ouers vra.
Sê hardop julle wil nie in ruïnes bly
En ly soos hulle nie, wil minder leed verdra.
Doen dit, kinders, om al die oorlog te vermy!

Julle, moeders, aan julle is gegewe
Om oorloë te duld of nie te duld nie:
Ek pleit by julle, laat die kinders lewe!
Dat hulle die geboorte, nie die dood jul skuld nie:
Julle, moeders, laat tog julle kinders lewe!

***

AN MEINE LANDSLEUTE

Ihr, die ihr überlebtet in gestorbenen Städten
Habt doch nun endlich mit euch selbst Erbarmen!
Zieht nun in neue Kriege nicht, ihr Armen
Als ob die alten nicht gelanget hätten:
Ich bitt euch, habet mit euch selbst Erbarmen!

Ihr Männer, greift zur Kelle, nicht zum Messer!
Ihr säßet unter Dächern schließlich jetzt
Hättet ihr auf das Messer nicht gesetzt
Und unter Dächern sitzt es sich doch besser.
Ich bitt euch, greift zur Kelle, nicht zum Messer!

Ihr Kinder, daß sie euch mit Krieg verschonen
Müßt ihr um Einsicht eure Eltern bitten.
Sagt laut, ihr wollt nicht in Ruinen wohnen
Und nicht das leiden, was sie selber litten:
Ihr Kinder, daß sie euch mit Krieg verschonen!

Ihr Mütter, da es euch anheimgegeben
Den Krieg zu dulden oder nicht zu dulden
Ich bitt euch, lasset eure Kinder leben!
Daß sie euch die Geburt und nicht den Tod dann schulden
Ihr Mütter, lasset eure Kinder leben!

Vertaal deur Bernard Odendaal
________________________________

Oor die gedig (ʼn bespreking in Duits):

https://www.planetlyrik.de/wolfgang-werth-zu-bertolt-brechts-gedicht-an-meine-landsleute/2020/09/

ʼn Video van ʼn dramatiese voordrag van die gedig:

Terug na Honderd van die bestes: Vertalings van ’n keur uit 20ste-eeuse Duitse gedigte

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. verskille
  • Anne-Marie Bartie. vlinderslag
  • Hendrik J. Botha. Teen sononder
  • Anne-Marie Bartie. bewys van betaling
  • Marius Crous. Twee mombakkiesliedjies

Nuutste bydraes

  • Koos de Wet. vóór die smelting
  • Digtersprofiel: Gert Vlok Nel
  • Meyer van Rensburg. Spieëlkamer
  • Margaret Cordier-Biermann. Verlossing
  • Wynand J Booysen. koue afgrond

Nuutste kommentaar

  1. Miel Vanstreels on Miel Vanstreels. Voorlopig1 August 2026

    Dankie, Marieta

  2. Conrad on Hans du Plessis. Psalm 121 (Stemgreep)30 July 2026

    Goeie middag ek is n koorleier van die VGK Kerk Kraaifontein en is op soek na die SATB Blad musiek…

  3. Marieta McGrath on Miel Vanstreels. Voorlopig30 July 2026

    Stout gedig! Baie snaaks!

  4. Bernie on Rainer Maria Rilke. Almal wat Jou soek, beproef Jou (vert.)29 July 2026

    Kan die vertaler dalk verduidelik waarom hy hoofletters gebruik in sy vertaling terwyl Rilke kleinletters gebruik.

  5. Bernard Odendaal on Daniel Hugo. Plaagbeheer28 July 2026

    Ja, hoe beheer ‘n mens die plaag waarvan in die slotreël gewag gemaak word …?

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d