Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
8 September 202529 July 2025

Digtersprofiel: Corlia Fourie

Corlia Fourie, die oudste dogter van die bekende skrywer Mikro (C.H. Kühn), is gebore op 11 Desember 1944 in Kuilsrivier. Sy spandeer haar kinderjare in die Wes-Kaap waarna haar familie na Pretoria verhuis waar sy haar skoolopleiding aan die Hoërskool Hendrik Verwoerd voltooi.

In 1965 behaal sy ’n B.A.-graad met Sielkunde en Afrikaans-Nederlands as hoofvakke aan die Universiteit van Stellenbosch. Sy werk aanvanklik voltyds as joernalis by o.a. Die Burger en Sarie, en later as vryskutjoernalis by Beeld, Huisgenoot en Rooi Rose waar sy ook verhaalredakteur word.

Fourie begin in die tagtigerjare fiksie skryf. Van haar bekendste werk is die drama Moeders en Dogters wat deur KRUIK sowel as vir die radio en televisie opgevoer is, asook die kinderboeke Die wit vlinder, Die meisie wat soos ’n bottervoël sing en Die towersak en ander verhale. Vir dié drie boeke het sy etlike literêre pryse, o.a. die MER- en Alba Bouwer-prys ontvang. Later verskyn daar ook twee kortverhaalbundels Sê en Liefde en Geweld, uit haar pen. Vir laasgenoemde ontvang Fourie in 1991 die ATKV-prys vir goeie, gewilde prosa. Van haar meer onlangse boeke sluit in die romans Alle paaie lei deur die Strand, Die geheime kamer en Tussen heinings.

In 2018 debuteer Fourie as digter met die bundel Die goeie vrou en ander mites.

Lees gerus ’n meer uitgebreide biografie op LitNet:

https://www.litnet.co.za/corlia-fourie-1944/

 


 

 

[Nota van die Versindaba redaksie: Ons wil graag nuwe en ou digters aanmoedig om vir ons opgedateerde profiele aan te stuur na taljard.marlies@gmail.com 

Van ‘n digter wat al een of meer solo-bundels by ‘n erkende uitgewer gepubliseer het, versoek ons die volgende:

      • ‘n Redelik onlangse foto in JPG-formaat
      • ‘n Lys van publikasies (ook die belangrikste nie-poëtiese publikasies)
      • ‘n Kort lewenskets wat inligting bevat oor o.a. waar en wanneer jy gebore is en grootgeword het, waar jy studeer het, watter beroep jy beoefen of waarmee jy jou tans besig hou, waar jy op die oomblik woon, ens.
      • Enige ander interessante feite oor jou

Skryf asseblief die profiel in narratiewe vorm en nie as ‘n reeks feite ondermekaar nie, ten einde dit meer lesersvriendelik te maak.]

 

 


 

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← Digtersprofiel: Diana Ferrus
Digtersprofiel: Ruan Fourie →

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Anne-Marie Bartie. kapitulasie
  • Jacques Boshoff. Die hond in Desember

Nuutste bydraes

  • Digtersprofiel: Jolyn Phillips
  • Resensie: Joan Hambidge: amberKAMER (Karen de Wet)
  • Marthé McLoud. Hierdie angs, hierdie angs
  • Johan Myburg. Vertaling uit Afrikaans in Duits. (Vert. Robert Schall)
  • Johann Lodewyk Marais. Spartacus-dahlia

Nuutste kommentaar

  1. Versindaba on Marius Crous. Vier gedigte25 October 2026

    Jacobus, "Dr. Swathe" se onvanpaste kommentaar is verwyder.

  2. Etienne on Andries Fourie. Waar die stilte wit is24 October 2026

    Mooi

  3. Bernard Odendaal on Johan Myburg. Vertaling uit Afrikaans in Duits. (Vert. Robert Schall)24 October 2026

    Robert Schall weet hoe om vertalend reg te laat geskied aan ‘n treffende Afrikaanse óf Duitse gedig.

  4. Jacobus Swart on Marius Crous. Vier gedigte24 October 2026

    Daar sal in 'n samelewing altyd diegene wees wat die Parthenon op die Akropolis in 'n favela wil verander. Dr.…

  5. Bernard Odendaal on Bernard Odendaal. Kaapse draai23 October 2026

    Dankie, Joan. Die getekende gebeure verteenwoordig almal werklike voorvalle, hoewel nie op ‘n enkele dag ervaar nie.

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d