NIE GESÊ NIE
Nie gesê nie
Wat ʼn mens van die son kon gesê het
En van die weerlig die een ding wat juis is
Laat staan van die liefde.
Pogings. Verkennings. Mislukkings
Onpresiese beskrywing
Weggelaat die daeraad
Nie gepraat van die saaiman nie
En net terloops vermeld
Die ranonkel en die viooltjie.
Julle nie gerugsteun
Met ewige saligheid nie
Die verval nie ontken
En nie die vertwyfeling nie
Nie die duiwel agter die bult
Omdat ek nie aan hom glo nie
God nie geloof nie
Maar wie is ek om
***
NICHT GESAGT
Nicht gesagt
Was von der Sonne zu sagen gewesen wäre
Und vom Blitz nicht das einzig Richtige
Geschweige denn von der Liebe.
Versuche. Gesuche. Mißlungen
Ungenaue Beschreibung
Weggelassen das Morgenrot
Nicht gesprochen vom Sämann
Und nur am Rande vermerkt
Den Hahnenfuß und das Veilchen.
Euch nicht den Rücken gestärkt
Mit ewiger Seligkeit
Den Verfall nicht geleugnet
Und nicht die Verzweiflung
Den Teufel nicht an die Wand
Weil ich nicht an ihn glaube
Gott nicht gelobt
Aber wer bin ich daß
Vertaal deur Robert Schall
___________________________
Oor Marie Luise Kaschnitz:
https://en.wikipedia.org/wiki/Marie_Luise_Kaschnitz
Oor die gedig (ʼn bespreking in Duits):
Terug na Honderd van die bestes: Vertalings van ’n keur uit 20ste-eeuse Duitse gedigte
