AGTERHOEDE
Opstaan! Opstaan!
Ons word nie aanvaar nie,
die boodskap het met die sterre se skadu gekom.
Dit is tyd om te gaan soos die ander.
Hulle het hul strate en leë huise
onder die maan se beskutting gestel. Hy het min mag.
Ons woorde word deur die stilte opgeteken.
Die mangatdeksels lig op ʼn skrefie oop.
Die padwysers het gedraai.
As ons ons die spore van die liefde herinner het,
afleesbaar op waterspieëls en in die sneeu se gewaai!
Komaan, voor ons blind word!
***
NACHHUT
Steh auf, steh auf!
Wir werden nicht angenommen,
die Botschaft kam mit dem Schatten der Sterne.
Es ist Zeit, zu gehen wie die andern.
Sie stellten ihre Straßen und leeren Häuser
unter den Schutz des Mondes. Er hat wenig Macht.
Unsere Worte werden von der Stille aufgezeichnet.
Die Kanaldeckel heben sich um einen Spalt.
Die Wegweiser haben sich gedreht.
Wenn wir uns erinnerten an die Wegmarken der Liebe,
ablesbar auf Wasserspiegeln und im Wehen des Schnees!
Komm, ehe wir blind sind!
Vertaal deur Robert Schall
___________________________
Oor Günter Eich:
https://en.wikipedia.org/wiki/G%C3%BCnter_Eich
Oor die gedig (ʼn bespreking in Duits):
https://www.planetlyrik.de/dieter-e-zimmer-zu-guenter-eichs-gedicht-nachhut/2016/12/
____________________________________________________________________________________________________________
INVENTARIS
Dit is my mus,
dit is my jas,
hier my skeergoed
in die sakkie van linne.
Trommeltjie:
My bord, my beker,
ek het in die blik
my naam neergekrap.
Gekrap met hierdie
kosbare spyker
wat ek vir begerige
oë verberg.
In die broodsakkie is
ʼn paar wolsokkies
en die een en ander waarvan ek
niemand vertel nie,
so dien dit as kussing
snags vir my kop.
Die karton hier lê
tussen my en die grond.
Die potloodstif
het ek die liefste:
Bedags skryf dit verse vir my neer
wat ek snags bedink het.
Dit is my notaboekie,
dit is my tentseil,
dit is my handdoek,
dit is my gare.
***
INVENTUR
Dies ist meine Mütze,
dies ist mein Mantel,
hier mein Rasierzeug
im Beutel aus Leinen.
Konservenbüchse:
Mein Teller, mein Becher,
ich hab in das Weißblech
den Namen geritzt.
Geritzt hier mit diesem
kostbaren Nagel,
den vor begehrlichen
Augen ich berge.
Im Brotbeutel sind
ein Paar wollene Socken
und einiges, was ich
niemand verrate,
so dient es als Kissen
nachts meinem Kopf.
Die Pappe hier liegt
zwischen mir und der Erde.
Die Bleistiftmine
lieb ich am meisten:
Tags schreibt sie mir Verse,
die nachts ich erdacht.
Dies ist mein Notizbuch,
dies meine Zeltbahn,
dies ist mein Handtuch,
dies ist mein Zwirn.
Vertaal deur Robert Schall
___________________________
Oor die gedig (drie besprekings van toenemende lengte in Duits):
https://www.planetlyrik.de/hans-ulrich-treichel-zu-guenter-eichs-gedicht-inventur/2017/03/
https://www.planetlyrik.de/juergen-zenke-zu-guenter-eichs-gedicht-inventur/2020/12/
https://www.planetlyrik.de/gerhard-kaiser-zu-guenter-eichs-gedicht-inventur/2015/06/
ʼn Video met ʼn voordrag van die gedig:
Terug na Honderd van die bestes: Vertalings van ’n keur uit 20ste-eeuse Duitse gedigte

Ek het behoorlik hoendervleis
James Dickey het my die eerste keer bewus gemaak van hierdie voortreflike digter se werk. Dankie vir die puik vertalings. “Inventaris” is so goed.