Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
16 October 202518 December 2025

100 Duitse Bestes: Paul Celan (1920-1970)

FUGA VAN DIE DOOD

Swart melk van die vroegte ons drink daarvan saans
ons drink daarvan smiddags en soggens ons drink daarvan snags
ons drink dit en drink
ons grawe ʼn graf in die lug daar lê ʼn mens nie beknop nie
In die huis woon ʼn man dié speel met die slange dié skryf
dié skryf as die son sak na Duitsland jou hare van goud Margarete
hy skryf dit en tree voor die huis en daar flikker die sterre hy fluit sy reunhonde nader
hy fluit sy Jode na vore laat grawe ʼn graf in die grond
hy beveel ons nou speel maak musiek vir die dans

Swart melk van die vroegte ons drink van jou snags
ons drink van jou soggens en smiddags ons drink van jou saans
ons drink jou en drink
In die huis woon ʼn man dié speel met die slange dié skryf
dié skryf as die son sak na Duitsland jou hare van goud Margarete
Jou hare van as Sulamiet ons grawe ʼn graf in die lug daar lê ʼn mens nie beknop nie

Hy roep steek dieper die grond in daar julle jul ander moet sing en moet speel
hy gryp na die staal in sy gordel hy swaai dit sy oë is blou
steek dieper die skopgrawe julle jul ander bly speel vir die dans

Swart melk van die vroegte ons drink van jou snags
ons drink van jou smiddags en soggens ons drink van jou saans
ons drink jou en drink

in die huis woon ʼn man jou hare van goud Margarete
jou hare van as Sulamiet hy speel met die slange

Hy roep speel soeter die dood die dood is ʼn meester uit Duitsland
hy roep stryk donkerder julle viole dan styg jul as rook in die lug
dan het jul ʼn graf in die wolke daar lê ʼn mens nie beknop nie

Swart melk van die vroegte ons drink van jou snags
ons drink van jou smiddags die dood is ʼn meester uit Duitsland
ons drink van jou saans en soggens ons drink jou en drink
die dood is ʼn meester uit Duitsland sy oë is blou
hy tref in die kol met ʼn koeël van lood tref hy jou
in die huis woon ʼn man jou hare van goud Margarete
hy hits sy reuns teen ons aan hy skenk ons ʼn graf in die lug
hy speel met die slange en dagdroom die dood is ʼn meester uit Duitsland

jou hare van goud Margarete
jou hare van as Sulamiet

***

TODESFUGE

Schwarze Milch der Frühe wir trinken sie abends
wir trinken sie mittags und morgens wir trinken sie nachts
wir trinken und trinken
wir schaufeln ein Grab in den Lüften da liegt man nicht eng
Ein Mann wohnt im Haus der spielt mit den Schlangen der schreibt
der schreibt wenn es dunkelt nach Deutschland dein goldenes Haar Margarete
er schreibt es und tritt vor das Haus und es blitzen die Sterne er pfeift seine Rüden herbei
er pfeift seine Juden hervor läßt schaufeln ein Grab in der Erde
er befiehlt uns spielt auf nun zum Tanz

Schwarze Milch der Frühe wir trinken dich nachts
wir trinken dich morgens und mittags wir trinken dich abends
wir trinken und trinken
Ein Mann wohnt im Haus der spielt mit den Schlangen der schreibt

der schreibt wenn es dunkelt nach Deutschland dein goldenes Haar Margarete
Dein aschenes Haar Sulamith wir schaufeln ein Grab in den Lüften da liegt man nicht eng

Er ruft stecht tiefer ins Erdreich ihr einen ihr andern singet und spielt
er greift nach dem Eisen im Gurt er schwingts seine Augen sind blau
stecht tiefer die Spaten ihr einen ihr andern spielt weiter zum Tanz auf

Schwarze Milch der Frühe wir trinken dich nachts
wir trinken dich mittags und morgens wir trinken dich abends
wir trinken und trinken
ein Mann wohnt im Haus dein goldenes Haar Margarete
dein aschenes Haar Sulamith er spielt mit den Schlangen

Er ruft spielt süßer den Tod der Tod ist ein Meister aus Deutschland
er ruft streicht dunkler die Geigen dann steigt ihr als Rauch in die Luft
dann habt ihr ein Grab in den Wolken da liegt man nicht eng

Schwarze Milch der Frühe wir trinken dich nachts
wir trinken dich mittags der Tod ist ein Meister aus Deutschland
wir trinken dich abends und morgens wir trinken und trinken
der Tod ist ein Meister aus Deutschland sein Auge ist blau
er trifft dich mit bleierner Kugel er trifft dich genau
ein Mann wohnt im Haus dein goldenes Haar Margarete
er hetzt seine Rüden auf uns er schenkt uns ein Grab in der Luft
er spielt mit den Schlangen und träumet der Tod ist ein Meister aus Deutschland

dein goldenes Haar Margarete
dein aschenes Haar Sulamith

Vertaal deur Robert Schall
___________________________

Oor Paul Celan:

https://en.wikipedia.org/wiki/Paul_Celan

Oor die gedig (drie besprekings van toenemende lengte in Duits):

https://www.planetlyrik.de/peter-von-matt-zu-paul-celans-gedicht-todesfuge/2016/07/

https://www.planetlyrik.de/theo-buck-zu-paul-celans-gedicht-todesfuge/2024/02/

https://www.planetlyrik.de/helmut-boettiger-zu-paul-celans-gedicht-todesfuge/2024/04/

Opmerking:

Ander Afrikaanse vertalings van dié gedig is hier beskikbaar:

Walters, M.M. (red.). 1990. Woorde soos pluimsaad. Duitse gedigte uit agt eeue vertaal deur Gunther Pakendorf. Kaapstad en Johannesburg: Perskor-Uitgewers.

Spies, Lina.2010. Tydelose gety. Pretoria: Protea Boekhuis.

Gouws, Waldemar. 2015. Versindaba. https://versindaba.co.za/2015/09/10/paul-celan-vertaling-in-afrikaans-2/

Spies, Lina. 2016. Sulamiet. Tygervallei: Naledi.

____________________________________________________________________________________________________________

ASSISI

Umbriese nag.
Umbriese nag met die silwer van klok en olienblaar.
Umbriese nag met die klip wat jy aangedra het.
Umbriese nag met die klip.

Stom, wat die lewe in gestyg het, stom.
Vul die kruike om.

Erdekruik.
Erdekruik waaraan die pottebakkershand vasgegroei het.
Erdekruik, deur die hand van ʼn skadu vir altyd geslote.
Erdekruik met die skadu se seël.

Klip waar jy kyk, klippe alom.
Laat die donkie binnekom.

Drawwende dier.
Drawwende dier in die sneeu wat die nakendste hand strooi.
Drawwende dier voor die woord wat op slot geval het.
Drawwende dier wat die slaap uit die hand vreet.

Glans wat nie wil vertroos nie, glans.
Die dooies – hul bedel nog, Frans.

***

ASSISI

Umbrische Nacht.
Umbrische Nacht mit dem Silber von Glocke und Ölblatt.
Umbrische Nacht mit dem Stein, den du hertrugst.
Umbrische Nacht mit dem Stein.

Stumm, was ins Leben stieg, stumm.
Füll die Krüge um.

Irdener Krug.
Irdener Krug, dran die Töpferhand festwuchs.
Irdener Krug, den die Hand eines Schattens für immer verschloß.
Irdener Krug mit dem Siegel des Schattens.

Stein, wo du hinsiehst, Stein.
Laß das Grautier ein.

Trottendes Tier.
Trottendes Tier im Schnee, den die nackteste Hand streut.
Trottendes Tier vor dem Wort, das ins Schloß fiel.
Trottendes Tier, das den Schlaf aus der Hand frißt.

Glanz, der nicht trösten will, Glanz.
Die Toten – sie betteln noch, Franz.

Vertaal deur Robert Schall
___________________________

Oor die gedig (ʼn bespreking in Duits):

https://www.planetlyrik.de/ruth-klueger-zu-paul-celans-gedicht-assisi/2016/07/

ʼn Voorlesing van die gedig deur Paul Celan self:

____________________________________________________________________________________________________________

OP REIS

Dít is ʼn uur, dié maak die stof tot jou gevolg,
jou huis in Parys tot die offerplek van jou hande,
jou swart oog tot die heel swartste oog.

Dit is ʼn opstal, daar hou ʼn trekspan stil vir jou hart.
Jou hare wil waai as jy ry – dis vir hulle verbode.
Wie aanbly en wuif, weet dit nie.

***

AUF REISEN

Es ist eine Stunde, die macht dir den Staub zum Gefolge,
dein Haus in Paris zur Opferstatt deiner Hände,
dein schwarzes Aug zum schwärzesten Auge.

Es ist ein Gehöft, da hält ein Gespann für dein Herz.
Dein Haar möchte wehn, wenn du fährst – das ist ihm verboten.
Die bleiben und winken, wissen es nicht.

Vertaal deur Robert Schall
___________________________

Oor die gedig (ʼn bespreking in Duits):

https://www.planetlyrik.de/hans-ulrich-treichel-zu-paul-celans-gedicht-auf-reisen/2017/03/

ʼn Voordrag van die gedig:

Terug na Honderd van die bestes: Vertalings van ’n keur uit 20ste-eeuse Duitse gedigte

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. verskille
  • Anne-Marie Bartie. vlinderslag
  • Hendrik J. Botha. Teen sononder
  • Anne-Marie Bartie. bewys van betaling
  • Marius Crous. Twee mombakkiesliedjies

Nuutste bydraes

  • Koos de Wet. vóór die smelting
  • Digtersprofiel: Gert Vlok Nel
  • Meyer van Rensburg. Spieëlkamer
  • Margaret Cordier-Biermann. Verlossing
  • Wynand J Booysen. koue afgrond

Nuutste kommentaar

  1. Miel Vanstreels on Miel Vanstreels. Voorlopig1 August 2026

    Dankie, Marieta

  2. Conrad on Hans du Plessis. Psalm 121 (Stemgreep)30 July 2026

    Goeie middag ek is n koorleier van die VGK Kerk Kraaifontein en is op soek na die SATB Blad musiek…

  3. Marieta McGrath on Miel Vanstreels. Voorlopig30 July 2026

    Stout gedig! Baie snaaks!

  4. Bernie on Rainer Maria Rilke. Almal wat Jou soek, beproef Jou (vert.)29 July 2026

    Kan die vertaler dalk verduidelik waarom hy hoofletters gebruik in sy vertaling terwyl Rilke kleinletters gebruik.

  5. Bernard Odendaal on Daniel Hugo. Plaagbeheer28 July 2026

    Ja, hoe beheer ‘n mens die plaag waarvan in die slotreël gewag gemaak word …?

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d