DIE UITGESTELDE TYD
Daar kom swaarder dae.
Die op herroeping uitgestelde tyd
word sigbaar op die horison.
Binnekort moet jy jou stewels opryg
en die honde terugjaag na die moerasland se plase.
Want die visse se ingewande
het koud geword in die wind.
Armlik brand die lig van die lupiene.
Jou blik sny spoor in die mis:
die op herroeping uitgestelde tyd
word sigbaar op die horison.
Oorkant versink jou geliefde in die sand,
dit rys rondom haar waaiende hare,
dit val haar in die rede,
dit beveel haar om te swyg,
dit vind haar sterflik
en gewillig om afskeid te neem
na elke omarming.
Moenie terugkyk nie.
Ryg jou stewels op.
Jaag die honde terug.
Gooi die visse in die see.
Blus die lupiene!
Daar kom swaarder dae.
***
DIE GESTUNDETE ZEIT
Es kommen härtere Tage.
Die auf Widerruf gestundete Zeit
wird sichtbar am Horizont.
Bald mußt du den Schuh schnüren
und die Hunde zurückjagen in die Marschhöfe.
Denn die Eingeweide der Fische
sind kalt geworden im Wind.
Ärmlich brennt das Licht der Lupinen.
Dein Blick spurt im Nebel:
die auf Widerruf gestundete Zeit
wird sichtbar am Horizont.
Drüben versinkt dir die Geliebte im Sand,
er steigt um ihr wehendes Haar,
er fällt ihr ins Wort,
er befiehlt ihr zu schweigen,
er findet sie sterblich
und willig dem Abschied
nach jeder Umarmung.
Sieh dich nicht um.
Schnür deinen Schuh.
Jag die Hunde zurück.
Wirf die Fische ins Meer.
Lösch die Lupinen!
Es kommen härtere Tage.
Vertaal deur Robert Schall
___________________________
Oor Ingeborg Bachmann:
https://af.wikipedia.org/wiki/Ingeborg_Bachmann
Oor die gedig (twee besprekings in Duits):
https://www.planetlyrik.de/hilde-spiel-zu-ingeborg-bachmanns-gedicht-die-gestundete-zeit/2017/06/
Opmerking:
(Foto: Gina Schall)
In Junie 2023 sien ek (RS) toevallig hierdie teken bokant ʼn uiters stylvolle deurgang deur ʼn Weense inkopiepaleis raak: “Bis auf Widerruf gestatteter Durchgang”, in Afrikaans “Deurgang op herroeping toegelaat”. (ʼn Mens wil graag glo dat so ʼn kennisgewing net in Wenen moontlik is.) Ingeborg Bachmann studeer in die laat jare 1940 in Wenen, haar bundel “Die gestundete Zeit” verskyn in 1953. Toe ek die kennisgewing sien, het ek gewonder of die versreël “Die auf Widerruf gestundete Zeit” in Bachmann se vers “Die gestundete Zeit” deur hierdie of ʼn soortgelyke kennisgewing in Wenen ingegee is.
____________________________________________________________________________________________________________
ALLE DAE
Die oorlog word nie meer verklaar nie,
maar voortgesit. Die ongehoorde
het alledaags geword. Die held
bly van die gevegte weg. Die swakke
het na die vuurlinies opgeruk.
Vandag se uniform is die geduld,
die onderskeidingsteken die armsalige ster
van die hoop bokant die hart.
Dit word toegeken
wanneer niks meer gebeur nie,
wanneer die trommelvuur verstom,
die vyand onsigbaar geword het
en die skaduwee van ewige wapenrusting
die hemel bedek.
Dit word toegeken
vir die gedros weg van die vaandels af,
vir die dapperheid in die aangesig van die vriend,
vir die verklapping van onwaardige geheime
en die verontagsaming
van elke bevel.
***
ALLE TAGE
Der Krieg wird nicht mehr erklärt,
sondern fortgesetzt. Das Unerhörte
ist alltäglich geworden. Der Held
bleibt den Kämpfen fern. Der Schwache
ist in die Feuerzonen gerückt.
Die Uniform des Tages ist die Geduld,
die Auszeichnung der armselige Stern
der Hoffnung über dem Herzen.
Er wird verliehen,
wenn nichts mehr geschieht,
wenn das Trommelfeuer verstummt,
wenn der Feind unsichtbar geworden ist
und der Schatten ewiger Rüstung
den Himmel bedeckt.
Er wird verliehen
für die Flucht von den Fahnen,
für die Tapferkeit vor dem Freund,
für den Verrat unwürdiger Geheimnisse
und die Nichtachtung
jeglichen Befehls.
Vertaal deur Robert Schall
___________________________
Oor die gedig (ʼn bespreking in Duits; met ʼn voordrag van die gedig deur Ingeborg Bachmann):
https://www.planetlyrik.de/thomas-anz-zu-ingeborg-bachmanns-gedicht-alle-tage/2016/03/
____________________________________________________________________________________________________________
AAN DIE SON
Mooier as die aansienlike maan en sy geadelde lig,
Mooier as die sterre, die nag se beroemde ordes,
Veel mooier as die vurige optrede van ʼn komeet
En tot iets ver mooiers beroep as enige ander gesternte,
Omdat jou en my lewe daagliks afhang daarvan, is die son.
Mooi son wat opkom, sy werk nie vergeet het nie
En dit klaarmaak, die mooiste in die somer as ʼn dag
Aan die kuste verdamp en sonder krag gespieëld die seile
Oor jou oog trek, tot jy moeg word en die laaste een kortknip.
Sonder die son neem ook die kuns weer die sluier aan,
Jy verskyn nie meer aan my nie; die see en die sand,
Deur skadu’s gestriem, vlug onder my ooglede in.
Mooi lig wat ons warm hou, bewaar en wonderbaar sorg
Dat ek weer sien, met ʼn weersien van jou!
Niks mooier onder die son as onder die son te wees nie …
Niks mooier nie as om die staaf in die water te sien en die voël daar bo
wat sy vlug oordink, en benede die visse as skool,
Gekleur, gevorm, in die wêreld gekom met ʼn besending lig,
Om die omstreke te sien, die vierkante van landerye, die duisendhoek van my land
En die rok wat jy aangetrek het. En jou rok, klokagtig en blou!
Mooi blou waarin die poue wandel en knik vir mekaar,
Blou van die vertes, die sones van die geluk, elk met sy weer vir my gevoel,
Blou toeval op die horison! En my begeesterde oë
Verwyd hulle weereens, blink en brand seer.
Mooi son wat van die stof se kant nog die grootse bewondering toekom,
Daarom gaan ek nié weens die maan en die sterre en nié
Omdat die nag met komete spog en in my ʼn nar soek nie,
Maar vanweë jou en binnekort sonder einde en soos oor niks anders nie,
ʼn Klag lê oor die onafwendbare verlies van my oë.
***
AN DIE SONNE
Schöner als der beachtliche Mond und sein geadeltes Licht,
Schöner als die Sterne, die berühmten Orden der Nacht,
Viel schöner als der feurige Auftritt eines Kometen
Und zu weit Schönrem berufen als jedes andre Gestirn,
Weil dein und mein Leben jeden Tag an ihr hängt, ist die Sonne.
Schöne Sonne, die aufgeht, ihr Werk nicht vergessen hat
Und beendet, am schönsten im Sommer, wenn ein Tag
An den Küsten verdampft und ohne Kraft gespiegelt die Segel
Über dein Aug ziehn, bis du müde wirst und das letzte verkürzt.
Ohne die Sonne nimmt auch die Kunst wieder den Schleier,
Du erscheinst mir nicht mehr, und die See und der Sand,
Von Schatten gepeitscht, fliehen unter mein Lid.
Schönes Licht, das uns warm hält, bewahrt und wunderbar sorgt,
Daß ich wieder sehe und daß ich dich wiederseh!
Nichts Schönres unter der Sonne als unter der Sonne zu sein …
Nichts Schönres als den Stab im Wasser zu sehn und den Vogel oben,
Der seinen Flug überlegt, und unten die Fische im Schwarm,
Gefärbt, geformt, in die Welt gekommen mit einer Sendung von Licht,
Und den Umkreis zu sehn, das Geviert eines Felds, das Tausendeck meines Lands
Und das Kleid, das du angetan hast. Und dein Kleid, glockig und blau!
Schönes Blau, in dem die Pfauen spazieren und sich verneigen,
Blau der Fernen, der Zonen des Glücks mit den Wettern für mein Gefühl,
Blauer Zufall am Horizont! Und meine begeisterten Augen
Weiten sich wieder und blinken und brennen sich wund.
Schöne Sonne, der vom Staub noch die größte Bewundrung gebührt,
Drum werde ich nicht wegen dem Mond und den Sternen und nicht,
Weil die Nacht mit Kometen prahlt und in mir einen Narren sucht,
Sondern deinetwegen und bald endlos und wie um nichts sonst
Klage führen über den unabwendbaren Verlust meiner Augen.
Vertaal deur Robert Schall
___________________________
Oor die gedig (ʼn bespreking in Duits; met ʼn voordrag van die gedig deur die digter):
https://www.planetlyrik.de/peter-von-matt-zu-ingeborg-bachmanns-gedicht-die-sonne/2016/06/
Terug na Honderd van die bestes: Vertalings van ’n keur uit 20ste-eeuse Duitse gedigte
