Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
10 November 202510 November 2025

Carina van der Walt. Paryse dagboek

 

Paryse Dagboek

 

 tongtippietoets

(Kersfees 2005)

 

 jy is my amuse langue

x

x

x

skryf hy ooit voor

in ’n geskenkboek –

as verre Franse nasaat

praat ek met ’n

Hugenote huig-r

my Frans

is beperk tot

ateljee kafee

sjampanje

sjiek sjarmant

nonchalant

cul de sac

abattoir 

& sy 3 soentjies?

dit was uit die wapen van Amsterdam

 

 *

 

soen

(by ’n foto uit 1950)

 

jy sê jy hou so baie van Parys

die mense soen so in haar strate

 

jaarliks probeer 1000de paartjies Doisneau

se beroemde piksoen in die stad van liefde

na-aap om hul verliefdheid ten toon te stel

 

dat die foto geposeer & fake was om Parys

se stadsbeeld blink te vryf was die 1ste bewys

van die skrywersbeginsel show don’t tell

 

jy wys my – as verliefde digter –

op dié visioen se ontmaskering

ék is meester & maak jou monddood met my tongsoen

 

*

 

kunstenaarsplein

(2017 – arrondissement 18)

 

 leeghoofdiges sit op die trappe

hang aan lamppale staar uit oor

Parys vanaf die Sacré-Cœur lig-

hoofdig wit op ’n heuwel in die stad

 

toegegee – uitsig oorstyg kitsch

 

wie méér soek stap om na

die plein waar kunstenaars

op openbare verdienste vir

hulself ’n eie stalletjie kon kry

so word portrette van toeriste

geteken in potlood of houtskool

so word mense se silhouette

uit stywe swart papier geknip

so word kinders bekoor met ’n

halfuur snelkursus in voukuns

so word miniatuur aquarelle

met stadsuitsigte geskilder

vir die’s wat iets wil saamvat

terug huis toe     iets tasbaars

gekoop op die Place du Tertre

 

ook ék swig vir die kitsch om jou

liewe gelaatstrekke – so hoekig sterk

dat skilders na kwaste gryp & roep –

as aandenking te laat verewig

 

toegegee – alles is sentiment

 

 *

 

die swart kat

(ook in arrondisement 18)

 

ons sit in die foyer van teatercafé

Le Chat Noir – my oog vang die plakkaat

van ’n swart kater met ’n hooghartige blik

’n oureool om sy trotse kop waarin

Montmartre fyntjies geskryf staan

bewus gestileerde snorbaarde     sy vag

het hy half-arrogant half-aggressief opgesit

 

die café is sý gebied waar sangers &

skrywers hul absint vir inspirasie kom drink

 

benede sy stand verag hy toevallige toeriste

nuuskierigs soos ons     Victor Hugo – ja

Jacques Brel – ja Jacques Offenbach – ja

bohémien Erik Satie het van Le Chat Noir

sy stamkafee gemaak hier as kroegpianis

sy fluweelvreemde etudes uitprobeer

onder die kat se kieskeurige skrefiesoë

 

die klassieke plakaat was ons voorspel

in ’n internasionale skadu poppespeltoer

 

Deel:

  • Click to share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Click to share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading...

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Joan Hambidge. Kerstyd 2024
  • Jacques Boshoff. Ontoereikend
  • Sharon Goliath. Here Hoe Groot Is U
  • Ruan Fourie. kindness is modern magic
  • Cobus Kruger. Deepfakes

Nuutste bydraes

  • Daniel Hugo. Rust-mijn-ziel: Digters gedenk Aucamp
  • Jacques Boshoff. Die hond in Desember
  • Elisma van Zyl. My Magnificat
  • Johann Lodewyk Marais. Windhoek se “onvolmaakte” kunswerk
  • Resensie: “waar daar eens ’n see was” (Jennifer Pape)

Nuutste kommentaar

  1. Bernard Odendaal on Rus in vrede Tony Ullyatt10 December 2025

    Voorwaar droewe nuus. As letterkundedosent, digter en poësievertaler ‘n uitmunter gewees.

  2. Rina Cascione on Nini Bennett. My Octopus Teacher5 December 2025

    'n Allerlieflike gedig oor 'n wonderlike dokumentêr. Dankie Nini! Jy het dit met soveel verbeelding vasgelê.

  3. Johan on Sanette Scheepers. Vrykoop5 December 2025

    Ek hou daarvan en ek verstaan die inhoud.

  4. Ben Nel on Andrea Sieberhagen. Ontsnapping5 December 2025

    Andrea, jy is ‘n rots Baie dankie vir jou bydrae tot die samelewing! Groete Ben

  5. Schalk Botha on Andrea Sieberhagen. Een helder ster4 December 2025

    Dis dalk nie die beste aand om hierdie impakvolle gedig te lees en te bedink nie; veral om uit ‘n…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2025 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d