japanse tuin
’n rots naakte boomstamme
reik soos vingers uit
die aarde in stilte
plant
lewe tweeslagtig voort
selle soek mekaar soos
om mekaar wentelende planete
binêr
‘n liggroen tapyt van mos asem-
berowende briofiete demp
my sillabes word stil in
die aangesig
van oeroue vaatlose plante met
risoïede
vierhonderd miljoen jaar al
dors ons na druppels
water
© Dan Roodt, 2025
