
Ronelda S. Kamfer is in 1981 in Kaapstad gebore. Sy bring haar grootwordjare in Blackheath en Grabouw deur. Sy matrikuleer in 1999 aan Eersterivier Sekondêre Skool. Sy was al verpleegster, kelner en administratiewe assistent by ’n bemarkingsmaatskappy.
Van haar gedigte verskyn in Nuwe Stemme 3, My ousie is ’n blom en Bunker Hill. Haar debuutbundel, Noudat slapende honde verskyn in 2008 by Kwela. Die bundel is in 2009 met die Eugène Marais-prys bekroon. In 2011 verskyn haar tweede digbundel Grond/Santekraam. Dit word opgevolg met Hammie (2016) wat bekroon word met ’n ATKV-Woordveertjie vir poësie, en Chinatown (2019) wat in 2020 die kortlys vir die Elisabeth Eybersprys vir Poësie haal.
Kamfer is getroud met die digter Nathan Trantaal.
Lees gerus meer oor Ronelda Kamfer en haar werk op LitNet:
https://www.litnet.co.za/ronelda-kamfer-1981/

[Nota van die Versindaba redaksie: Ons wil graag nuwe en ou digters aanmoedig om vir ons opgedateerde profiele aan te stuur na taljard.marlies@gmail.com
Van ‘n digter wat al een of meer solo-bundels by ‘n erkende uitgewer gepubliseer het, versoek ons die volgende:
-
-
- ‘n Redelik onlangse foto in JPG-formaat
- ‘n Lys van publikasies (ook die belangrikste nie-poëtiese publikasies)
- ‘n Kort lewenskets wat inligting bevat oor o.a. waar en wanneer jy gebore is en grootgeword het, waar jy studeer het, watter beroep jy beoefen of waarmee jy jou tans besig hou, waar jy op die oomblik woon, ens.
- Enige ander interessante feite oor jou
-
Skryf asseblief die profiel in narratiewe vorm en nie as ‘n reeks feite ondermekaar nie, ten einde dit meer lesersvriendelik te maak.]
