Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
26 January 202626 January 2026

Oproep om voorleggings vir Lina Spies-huldigingsbundel, “Onthou is die dag wat breek”

Foto met vriendelike vergunning van Philip de Vos

 

Lina Spies is een van Afrikaans se mees geliefde digters. Sy lewer ook belangrike bydraes as essayis, akademikus, literêre kritikus, vertaler en psalmberymer.

Hiermee word jy hartlik uitgenooi om tot hoogstens drie voorheen ongepubliseerde gedigte voor te lê vir die Lina Spies-huldigingsbundel wat later vanjaar by Naledi sal verskyn. Die bundel vier Lina Spies se onteenseglike bydrae tot die Afrikaanse poësie. Die voorgenome titel van die bundel, Onthou is die dag wat breek, is ontleen aan die gedig “Kringloop” uit Sulamiet (2016).

Digters word uitgenooi om in hul bydraes in gesprek te tree met of te reageer op Spies se digterskap en oeuvre, vanaf Digby Vergenoeg (1971) tot haar mees onlangse bundel, Aarde na firmament (2022). Hierdie digterlike gesprekke kan tematiese, intertekstuele, stilistiese aanknopingspunte vooropstel.

Hou asb. die volgende in gedagte:

  • Digters wat reeds in bloemlesings soos Nuwe stemme, Maskers en mure en Merang gepubliseer het, of wat ten minste een solobundel by ’n erkende uitgewery uitgegee het, word genooi om gedigte ter oorweging voor te lê.
  • Elke gedig moet as ’n afsonderlike abbalêer (“attachment”) aangeheg word.
  • Benoem elke abbalêer soos volg: Titel van gedig_Naam en van van digter
  • Gebruik 12 pt Arial, 1,5 spasiëring
  • Die gedigte moet in Afrikaans geskryf wees.
  • Geen beperkinge in terme van lengte en taalvariëteit word gestel nie.
  • Geen korrespondensie sal oor afgekeurde gedigte gevoer word nie.

Moontlike tematiese aanknopingspunte in Spies se werk waarmee digters in gesprek kan tree sluit die volgende in:

  • Die leefwêreld van die vrygesel (alleenstaande vrou)
  • Die leefwêreld van kinders en die verlange na ’n kind
  • Ikoniese vrouefigure soos Marilyn Monroe
  • Katte (troeteldiere)
  • Stellenbosch en die landskap van die Boland
  • Religie en die Christelike geloof
  • Kunstenaarskap (ook in die vorm van geprekke met visuele kunstenaars, musici ander digters soos Emily Dickenson)
  • Die verhouding tussen Europa en Suid-Afrika
  • Dubbele affiniteit vir die Boland én Nederland
  • Die begogeling en ontgogeling van die liefde

Die sluitingsdatum vir voorleggings is 31 Maart 2026. Stuur jou voorlegging aan linaspieshuldiging@protonmail.com

Digtersgroete

Alwyn Roux en Neil Cochrane (samestellers)

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. verskille
  • Anne-Marie Bartie. vlinderslag
  • Hendrik J. Botha. Teen sononder
  • Anne-Marie Bartie. bewys van betaling
  • Marius Crous. Twee mombakkiesliedjies

Nuutste bydraes

  • Digtersprofiel: Johan Myburg
  • Joan Hambidge. Piromaan
  • Joan Hambidge. My geliefde voormalig
  • Jasmyn Beetge. Delikaat
  • Hennie Maartens. oorskot

Nuutste kommentaar

  1. Margaret Cordier-Biermann on Margaret Cordier-Biermann. Vrye teuels16 July 2026

    Dankie, Andre — jy verf gedigte en ons ry nou tyd en woorde bloots.

  2. Andre Roothman on Margaret Cordier-Biermann. Vrye teuels15 July 2026

    Uiters gemaklik op die literere verteringsstelsel. tyd die tiran het sy deugde.

  3. Toekie on C Fritze. Boodskap aan die see14 July 2026

    Pragtig geskryf. Het dit baie geniet.

  4. Bernard Odendaal on Daniel Hugo. Wat ’n vers kan verraai en vermag13 July 2026

    Die onderbenoeming - konkreter: die min woorde - roep treffend ‘n ysliker en aaklige “werklikheid” op.

  5. Karin on C Fritze. Boodskap aan die see13 July 2026

    Dié gedig praat met my hart en met my siel. Ek verlang na die klank en die reuk van die…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • onderhoude
  • Onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d