Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
2 February 2026

Carina van der Walt. somer van ’26

 

vuur – beskawing?

(Franschhoek)

 

 wat is beskawing werd teen ’n natuurkrag?

 

ken vuur die verskil tussen ’n bloekombos

& ’n museum     die Hugenotemonument?

 

onthou vuur nog die universiteitbiblioteek?

boeke & kosbare dokumente teen Tafelberg

 

vuur lek-lek haar roete oop na rykmanshuise

laat gesinne paniekerig gryp na waardevolste

besit & ontruim in angs – sonder lewensverlies –

bure plaas foto’s op FB van brandende dakke

vriende uit buurdorpe spring by met vlamtonge

almal in dieselfde sosiale medium vakuum wéét

dis elkeen vir homself & die duiwel vir die res

 

eiendom brand af – eiebelang & eiegeregtigheid

spring vurig oor & weer uit skreeuende kele

 

verwyte na langgekoesterde onreg bars los

beskuldigings by gebrek aan ondersteuning

 

as die duiwel in die detail van ’n bosbrand

se vuur dans verskrompel valse opregtheid

 

ontmasker vuur die dunste lagie beskawing

 

© Carina van der Walt

 

*

 

water & beskawing

(Krugerwildtuin)

 

 wat is beskawing werd teen ’n natuurkrag?

 

ken water die verskil tussen ’n teerpad

’n brug & die walle van die Krokodilrivier?

 

onthou water nog die sinkplaathuisies in KZN?

fietse onder mangobome langs die Amanzi

 

water spoel genadeloos haar roete oop na

lappies mielievelde van wildtuinpersoneel

verander hulle land in ’n bruin waterdeken

met groen boomtopspikkels – daar bly níks

meer oor om te oes – deur wie? lewensverlies

tel 180+     whatsapp- & instagramfoto’s vloei

in strome op duisende selfoonskerms

 

die krag van water skok menseharte sag

bakkies ry naasbestaandes na droër kampe

 

waar ’n pa, ’n oom ’n neef in lyksakke lê & wag

helpers neurie troos – verdeel kos & komberse

 

4×4’s uit Skukuza ry dagbesoekers na die hek

internasionale toeriste word met ’n helikopter

 

uit ’n watergraf beskawing toe gered – hekke sluit

 

© Carina van der Walt

 

 

 

 

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. verskille
  • Anne-Marie Bartie. vlinderslag
  • Hendrik J. Botha. Teen sononder
  • Anne-Marie Bartie. bewys van betaling
  • Marius Crous. Twee mombakkiesliedjies

Nuutste bydraes

  • Resensie: “Krap – oop toe om rond uitkrap” (Koos de Wet)
  • Koos de Wet. vóór die smelting
  • Digtersprofiel: Gert Vlok Nel
  • Meyer van Rensburg. Spieëlkamer
  • Margaret Cordier-Biermann. Verlossing

Nuutste kommentaar

  1. Miel Vanstreels on Miel Vanstreels. Voorlopig1 August 2026

    Dankie, Marieta

  2. Conrad on Hans du Plessis. Psalm 121 (Stemgreep)30 July 2026

    Goeie middag ek is n koorleier van die VGK Kerk Kraaifontein en is op soek na die SATB Blad musiek…

  3. Marieta McGrath on Miel Vanstreels. Voorlopig30 July 2026

    Stout gedig! Baie snaaks!

  4. Bernie on Rainer Maria Rilke. Almal wat Jou soek, beproef Jou (vert.)29 July 2026

    Kan die vertaler dalk verduidelik waarom hy hoofletters gebruik in sy vertaling terwyl Rilke kleinletters gebruik.

  5. Bernard Odendaal on Daniel Hugo. Plaagbeheer28 July 2026

    Ja, hoe beheer ‘n mens die plaag waarvan in die slotreël gewag gemaak word …?

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d