Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
20 February 202618 February 2026

Stefanus S Vivier. Die Reuk van Proteas

 

Die Reuk van Proteas

(Na publikasie refleksie)

 

los jaloers-buitjies reën

op ander man se plaas

teen suikerbos se rand

dra weer die reuk van proteas

in die wind wat nou waai

oor my nadors droogte

soos gerugte van reën

hoop ek op die waardering vir my woorde

en wonder wat dit alles sal beteken

vir hulle sonder kennis van die nag

die alleenworstel met klanke

wat gewond word

op die tong van ander

en so kry ek weer die reuk van proteas

die hoop op sukses

dit hang hier

oor die dam buite die dorp

sit ek en luister

na die sagte suig aan die wal

die lispel van spoelklippe wat

onder koel water wag

die geslyptes rus nou

na die oerplons

die eenmalige rimpeleffek

die stadige sink en sirkelswaai

die donker diepte in

waarbo wit wolke

beloftes van reën

plets in die verte

wanneer water woorde word

wat in die metrum van die tyd

ongemond en koud

keer op keer aborteer

voordat iets uiteindelik

deur die spektrum beur

en broos soos borrels styg en stamp

in die buik van moeder aarde

se holte in my kop

meet monsters met dom bewegings

van my hand my binnekant

in lepels vol ongemak

my vingers dom grypend

na die potlood in my sak

skryf ek nou op

papier wat nie kan staan

teen die vuur wat kom nie

 

© Stefanus S Vivier, 2026

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← Stefanus S Vivier. Idee

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. verskille
  • Anne-Marie Bartie. vlinderslag
  • Hendrik J. Botha. Teen sononder
  • Anne-Marie Bartie. bewys van betaling
  • Marius Crous. Twee mombakkiesliedjies

Nuutste bydraes

  • Digtersprofiel: Johan Myburg
  • Joan Hambidge. Piromaan
  • Joan Hambidge. My geliefde voormalig
  • Jasmyn Beetge. Delikaat
  • Hennie Maartens. oorskot

Nuutste kommentaar

  1. Margaret Cordier-Biermann on Margaret Cordier-Biermann. Vrye teuels16 July 2026

    Dankie, Andre — jy verf gedigte en ons ry nou tyd en woorde bloots.

  2. Andre Roothman on Margaret Cordier-Biermann. Vrye teuels15 July 2026

    Uiters gemaklik op die literere verteringsstelsel. tyd die tiran het sy deugde.

  3. Toekie on C Fritze. Boodskap aan die see14 July 2026

    Pragtig geskryf. Het dit baie geniet.

  4. Bernard Odendaal on Daniel Hugo. Wat ’n vers kan verraai en vermag13 July 2026

    Die onderbenoeming - konkreter: die min woorde - roep treffend ‘n ysliker en aaklige “werklikheid” op.

  5. Karin on C Fritze. Boodskap aan die see13 July 2026

    Dié gedig praat met my hart en met my siel. Ek verlang na die klank en die reuk van die…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d