Verswelging
harte word verswelg
onder ‘n wit waas
van breekbare klanke;
gehate stiltes
versmagtend soos ‘n drenkeling
in die dors na aanvaarding
die uitreik na die verstoteling
wie se fondasies verkrummel
in eensame soeke
deur donker na lig
na eiewaarde
deur die hel
hier op aarde
© Anzè Bezuidenhout, 2026

Respek gaan hand aan hand met aanvaarding en hoeveel van ons smag na aanvaarding.
‘n Diep treffende gedig wat ons denke prikkel oor die mensdom vasgevang in sy eie hok en psigiese oorlewing.
Pragskrywe en briljant verwoord
Baie dankie vir jou saamlees en mooi woorde Pierce, ek waardeer dit