Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
27 February 2026

Gerard Scholtz. Vir myself, op my verjaarsdag

 

Vir myself, op my verjaarsdag

 

Ek skryf sinne, maar in die nag wanneer boogskutters rus

Wanneer die Negester helder oor ons skitter

en die maan in die ooste sekel

Wanneer die nag swyg oor rots, fynbos en berg

Wanneer fosfor ‘n oerson laat oopvlam uit die see

 

En alles, alles aan ons almal behoort

 

Woorde is ook almal s’n

net mý sinne is myne

waardeur ek herinneringe oopskryf

Waters laat vloei

Lig laat brand

Klanke oopdraai

Wonders laat verwonder

Dieper in verdiep

En gedagtes oorsein

 

Ek is met water en woorde vir die mond gebore

en ‘n waaiering van sterre wat soos lig uit my sproei

en wie ek aanraak, laat ek skitter

 

My woorde is lig

tergend, onnutsig

soos die klikkerpaddas in my tuin

murmelend soms soos water oor ‘n rots

of ‘n waterval wat ‘n reënboog span

– en soms stout

(watter heiliges uit die diereriem het my verlaat en versaak?)

My woorde bot en blom

saai stuifmeel vir plesier

Word ‘n wegwyser, ‘n voetpad, ‘n oortog

 

Niks kom maklik nie

Ook dade wat nie aan die ewigheid grens:

Ek weet, my waterwoorde, klipwoorde, rotswoorde, wolkwoorde

is gebek, is geboek

 

Seën my woorde met sterresproei

Besweer dit met wierook

Geur dit met boegoe en hotnotskooigoed

vir bedwelming, ‘n ander verbeeldingsfeer

 

en mag die Suiderkruis en Negesterre witter

as die stedeligte ook in my siel bly skitter

 

 

© Gerard Scholtz, 2026

 

 

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← Alwyn Roux. Winterreise

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • Joan Hambidge. Sheila Cussons en Dominique Botha: Die ander waarheid
  • Nuwe Publikasie. Ilse van Staden: Metamorfose
  • Digtersprofiel: Bernard Odendaal
  • Gerard Scharn. het was verschrikkelijk
  • Nuwe Bundel. Margaret Cordier-Biermann: Spiraal

Nuutste kommentaar

  1. Marieta McGrath on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie31 August 2026

    Ek hou hiervan.

  2. Johan Coetzee on Joan Hambidge. Om die hemel te dekonstrueer30 August 2026

    Die hemel... of hel is opgedollie.

  3. DIETLOFF VAN DER BERG on Resensie: “In memoriam, Johann de Lange” (Johann Lodewyk Marais en Joan Hambidge)28 August 2026

    Soekie, ja, ek stemsaam. Van 'Boondoks' tot 'Gelykenis' is daar net soveel wat mens tref en weer wil herlees.

  4. Soekie Vogel on Resensie: “In memoriam, Johann de Lange” (Johann Lodewyk Marais en Joan Hambidge)27 August 2026

    Hambidge het haarself oortref in haar digsiklus oor De Lange. Aangrypend.

  5. Daniel Hugo on Ilse van Staden. Die Dans25 August 2026

    'n Wonderlike huldeblyk aan die digter se moeder en Van Wyk Louw.

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d