Caférym
Gerrit Komrij 1944-2012
“Daniel, wij hebben de rijmende voorsprong,”
sê Gerrit en grinnik vir my oor sy glas bier.
Met dié uitspraak het hy my vir goed bevry
van wat ek ervaar het as ’n verdomde vloek
wanneer die inspirasie my tartend beetkry.
Gerrit, ek dink dikwels aan jou – spontaan en
onverwag – sonder dat ek na ryme hoef te soek.
Hiermee lig ek ’n glas – wat uit my hand gly
en klinkend in sillabes uitmekaarspat.
© Daniel Hugo, 2026
