Koppies het ore
Die mure is dun.
Lakens word deure.
Op die Vlakte
slaap ons onder een dak.
Slaap ons sonder dak.
Koppies het ore.
Die lang arm slaan toe.
Die klok loop.
Alles wat opkom
sak weer.
Die son en die maan
gaan vanaand uit.
© Thurston Cooper, 2026
