
Die digter Ruan Fourie is Vrydag 3 April 2026 oorlede.
Ruan Fourie is in 1994 in Bloemfontein gebore. Hy onderneem in 2017 ’n honneursgraad in Afrikaanse Skryfkuns aan die Noordwes-Universiteit.
Sy eerste gedig is in Taalgenoot en Jip gepubliseer (2012) en sedertdien het van sy gedigte op Versindaba, Storiewerf en Litnet se webruimtes verskyn. In 2016 wen hy die Bloemfonteinse Skrywersvereniging se skryfkompetisie, waarna die wengedig in die bloemlesing Inkvars opgeneem is. Hy het ook as digter deelgeneem aan die Byderhand-projek tydens Aardklop 2015.
’n ope brief aan Dorian Gray (2017) is sy debuutdigbundel.
Namens Versindaba betuig ons graag ons meegevoel aan sy familie en vriende.
