grootwordhuis
die paisley
muurpapier
verpoeierd blou
die mik
in die lukwart
versleet gedroom
die foefieslaaid
by die jakaranda
wiegend in sy naswaai
jy klik
jou slot by
die agterdeur
en verlaat die onskuld
van kind te gewees het
© Jeanne Henning Els, 2026
