Die Feetjie
Ek ken ‘n feetjie, as ek my nie verbeel
Wat weet ek van haar? Glad niks nie, dog veel
Waar is sy nou? Waar kan ek haar vind?
Sy’s tussen die bome, sy’t verdwyn met die wind
Al is daar hoeveel bewyse dat sy wel bestaan
Hoe ‘n feëprinses op die aarde kan leef kan ek steeds nie verstaan
Sy laat die donkerste wolke om haar verskyn,
Maar selfs dié kan nie haar goue lig laat kwyn.
Met die tiekie se vrymoedigheid wat sy koester, sê sy:
“Hier is ek doodtevrede, sorgeloos en vry;
Liewe Kind, deel assesblief die ongebondenheid met my”
Ek ken ‘n Feetjie, haar klimtol is my siel
Dié warrel en draai soos ‘n ossewawiel
En die einste Feetjie’t met maniere sjarmant
My liefhebbendheid geneem in die palm van haar hand
Een dieselfde Feetjie doen als in haar vermoë
Om my gedagtes te lees met haar gouegroen oë
Trek sy my nader? Stoot sy my weg?
Vir hierdie Feetjie kan ek my net nie vererg.
Vele mense erken hul harte is al gesteel
Maar ek is nie seker of ek my net verbeel
Soms sal sy kom, soms sal sy gaan
Haar lojaliteit verduister soos die maan
Want, kom die dag wat sy uit my gedagtes verdwyn
En in verbeelding se plek kry ek ‘n mens se brein
As werklikheid my wegruk uit die sprokiestuin
Is dit reg as ek praat van ‘n hart wat steeds pyn?
Vreugde is hier en misnoë is daar
As ek die Feetjie voor my gewaar
Maar tussen die verwyt en duisterns sowaar
Is daar steeds ‘n bestaan vol liefde vir haar
Daarom bid ek snags, vanuit my diepste smart:
“Liewe Here, genees die litteken op haar hart.”
© Jomaine Anderson, 2026
