
Lucas Malan (1946 – 2010) is in Limpopo gebore en voltooi sy skoolopleiding in 1963 op Pietersburg (Polokwane). Daarna studeer hy aan die Universiteit van Pretoria en werk vyftien jaar lank as Afrikaansonderwyser in Johannesburg. Vanaf 1984 is hy dosent in Afrikaans aan die Johannesburg College of Education, waar hy in 1997 as hoof van die departement uitgetree het.
Sy eerste digbundel, ’n Bark vir die ontheemdes, verskyn in 1981, en daarna publiseer hy Tydspoor (1985), Edenboom (1987), Kaartehuis (1990), Hongergrond (1994) en Afstande (2002). Sy sewende bundel, Vermaning, verskyn in 2008.
Hy woon vanaf 1997 op Darling in die Wes-Kaap waar hy as vryskut meegewerk het aan Afrikaanse boeke vir die skolemark.

[Nota van die Versindaba redaksie: Ons wil graag nuwe en ou digters aanmoedig om vir ons opgedateerde profiele aan te stuur na taljard.marlies@gmail.com
Van ‘n digter wat al een of meer solo-bundels by ‘n erkende uitgewer gepubliseer het, versoek ons die volgende:
-
-
- ‘n Redelik onlangse foto in JPG-formaat
- ‘n Lys van publikasies (ook die belangrikste nie-poëtiese publikasies)
- ‘n Kort lewenskets wat inligting bevat oor o.a. waar en wanneer jy gebore is en grootgeword het, waar jy studeer het, watter beroep jy beoefen of waarmee jy jou tans besig hou, waar jy op die oomblik woon, ens.
- Enige ander interessante feite oor jou
-
Skryf asseblief die profiel in narratiewe vorm en nie as ‘n reeks feite ondermekaar nie, ten einde dit meer lesersvriendelik te maak.]
