shorty
dis welwillendheidsdag
ons het ’n emmer gemmerkoekies gebring
vir shorty wat op haar sinkhuisstoepie sit
en wag monyenyane monyenyane
julle kleingoed julle kleingoed
neurie sy terwyl sy met ’n stokkie in die grond krap
ons het kom dankie sê dat jy ons ander ma was
toe ons ma nie daar was nie
ons ry weg met ’n duitse kar
shorty en die stof waai in die truspieël
© Olga Leonard, 2026
