Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
6 May 2026

Ronel de Goede. Kremetartboom

 

Kremetartboom

 

Adansonia digitata

8 Januarie 2026

 

die laaste kremetart in Kinshasa

se dae is blykbaar getel

al is dit nog maar

’n skamele eeu of wat oud

die siel van die stad

 

geplant as gedenkteken

nadat Stanley vanaf 1881

’n handelspos gestig het

om gebied en mag te verseker

’n veerboothawe opgerig het

om die rivier te tem

paaie en treinspore aangelê het

om die stroomversnellings en water-

valle te ontduik

 

alles in opdrag van ’n koning

wat nog nooit hier ’n voet

aan wal gesit het nie

maar alles sélf wou besit

 

dis die geskiedenis van

’n gehuggie

wat ’n stad geword het

en mettertyd ’n megastad

wat uit sy nate bars

totdat daar net één kremetart

oorbly

 

maar ons hoef ons geen

sorge hieroor te maak nie!

sê die gladdebek-ontwikkelaars

oorgenoeg kremetarte hier rond!

dus kan ons gerus maar dié enetjie vel

omdat ons ’n sentrum wil oprig

vir óns mense!

 

die boom is in ons almal se pad

dit sal tog eendag net

die gees gee en ineenplof

 

maar – let wel –

ons gaan ons sentrum

“Baobab” noem!

met ’n paar kunskremetartjies

ter wille van die atmosfeer!

 

daar was tog immers

al die voorbeeld

van ’n prinsie

wat elke oggend

die opslaggoed

uitgetrek het

om te keer

dat hul wortels

sy pieperige planeet

kloof

 

© Ronel de Goede, 2026

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← Gedig van die Maand: 8 Finaliste

3e gedagtes oor “Ronel de Goede. Kremetartboom”

  1. Ronel de Goede Foster says:
    8 May 2026 at 17:33

    Dankie, Joan
    Dankie, Bernard
    Ek waardeer jul kommentaar.
    Groete
    Ronel

    Reply
  2. Bernard Odendaal says:
    8 May 2026 at 16:40

    Lekker om weer so ‘n knap gedig van jou te lese te kry, Ronel.

    Reply
  3. Joan Hambidge says:
    7 May 2026 at 07:51

    ‘n Komplekse gedig. Gelaai met subtekste (Die kremetartekspedisie, o.a.) en die hele debat oor postkolonialisme.
    Aangrypend en ‘n sterk vers!

    Reply

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • ND Cronjé. wiskunde
  • Driekie Grobler. skoffeer
  • Digtersprofiel: Pieter Odendaal
  • Yves T’Sjoen. “’n pêrel stilte”
  • Joan Hambidge. Cussons en “Die knetterende woord”

Nuutste kommentaar

  1. Versindaba on Gunther Pakendorf. hoe dooier hoe mooier16 September 2026

    Dankie Gunther. So op Breyten se verjaarsdag (Pampoendag). - Marlies Taljard

  2. Annora Eksteen on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie11 September 2026

    Net so. Ek kan nie sonner my voorraad vuur houtjies nie. Kerse en gasstofie en die Kaap is heerlik Frans…

  3. Annora Eksteen on Vers-en-klank: Joan Hambidge11 September 2026

    Bai geluk professor Joan! Lank leef! ♥

  4. Bernard Odendaal on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)10 September 2026

    Jy het my nou nog nuuskieriger gemaak. Dankie, Marlies!

  5. Yves T'Sjoen on Joan Hambidge. Sheila Cussons en Dominique Botha: Die ander waarheid8 September 2026

    Bijzonder interessant, Joan. Er valt een boeiende literatuurgeschiedenis te schrijven op basis van dergelijke literaire correspondenties of consonanties. Dat betekent…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d