Openbaring
die psigiater
is jou herder
stabiliseerders
sal jou nie ontbreek
hy wys
jou na sy
rusbank, lei
jou na openbaring
hy sê
als sal
geskied om
gesond word ontwil
al vang
die donker
jou moet jy
geen onheil vrees
want hy
is altyd naby,
sy voorskrif en
pille vertroos jou
jy teug en
sluk uit die
beker van oorvloed
want lig is mos oppad
die psigiater
sê al leef jy
in ‘n dal van
doodskaduwee
die lig sal na
jou vloei, jy sal
in kalm waters woon
eendag, in lengte van dae
só sê die psigiater
© Jeanne Henning Els, 2026

Bietjie voorspelbaar maar dit laat mens ook nogal dink aan die charismatiese kerkbeweging.