Sprokie
vanaand
vertel
ek jou
van ‘n
ondier wat
onskuldig waak
jy ken mos vir
sarel seemonster?
en van
hekse wat
nie boos kan spel
jy onthou vir
liefste Levinia?
slaap
sag, my kind
sonder nagmerries
mamma
skryf vir
jou ‘n sprokie
© Jeanne Henning Els, 2026
